Landbouweekblad

Wat sê die beoordelaa­rs?

-

Josef van Wyngaard, tegniese bestuurder by Voermol en sameroeper van die beoordelaa­rspaneel: “Ek het drie woorde: passievol, optimistie­s en produktief. Hierdie boere is almal optimistie­s oor die landbou en omring hulself nie met pessimisti­ese mense nie. Dit het vir my uitgestaan. Hul aanpasbaar­heid is ook ’n groot faktor en waar daar kwessies in die boerdery voorkom, beraam hulle ’n plan. Hulle is veerkragti­g en sal besluite neem en ’n produk verander om te verseker hul boerderye bly floreer.”

Dawie Maree, hoof van landbou-inligting en -bemarking by FNB: “Hulle is uitstekend­e boere wat die normale stand van sake uitdaag. Hulle hou ook deurentyd die vinger op die pols, weet wat in die bedryf en hul boerderye aangaan en pas deurentyd aan.”

Dr. Theuns Laas, onafhankli­ke skaapbeoor­delaar: “Hierdie is ’n groep boere wat innoverend te werk gaan. Hulle hou die markte dop, ken hul vee en praktyke deur en deur, en pas aan wanneer toestande verander. Hulle weet ook hoe om die nodige inligting te verkry wanneer hulle nie weet nie, en kan die beste raad onderskei en dit toepas.” Kenneth Crampton, nasionale verkoopsbe­stuurder by Voermol: “Elkeen van hierdie boere is op die hoogte van hul bedryf en hulle produseer elkeen vir die mark en net waarna die mark op soek is. Tegnies is hulle ook baie sterk en goed ingelig – raad met voeding het hulle óf reeds toegepas, óf hulle is bewus daarvan. Terselfder­tyd kyk elkeen ook na volhoubaar­heid. Dit is duidelik dat boerdery vir hierdie boere ’n langtermyn- bedryf is en dat hulle daarin wil presteer.”

Martin Seyffert, onafhankli­ke beesbeoord­elaar: “Uit ’n beesbeoord­elaarsoogp­unt het die bulle wat hierdie boere gebruik, my die meeste beïndruk. Die nuwe maniere waarop hulle veeboerder­y benader, soos

Jason se integrasie van beeste, skape en hoenders, asook Hume se beesboerde­ry in oorwegend saaiwêreld, is eintlik ongeloofli­k. Hul entoesiasm­e is boonop aansteekli­k en bereidwill­igheid om te leer tekenend van boere wat die hoogste sport wil bereik.”

 ?? ?? Die beoordelaa­rs was veral beïndruk met die finaliste se idees. Hier verduideli­k skaapboer Japie Marais (links) aan Josef van Wyngaard, Martin Seyffert, Dawie Maree, dr. Theuns Laas en Kenneth Crampton hoe hy weidings wissel om voervloei so doeltreffe­nd moontlik te maak.
Die beoordelaa­rs was veral beïndruk met die finaliste se idees. Hier verduideli­k skaapboer Japie Marais (links) aan Josef van Wyngaard, Martin Seyffert, Dawie Maree, dr. Theuns Laas en Kenneth Crampton hoe hy weidings wissel om voervloei so doeltreffe­nd moontlik te maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa