Landbouweekblad

Bak vir die feestyd

Maak betyds die koekblikke vol vir die somervakan­sie! En as jy nog nie Kerskoek gebak het nie, is dit nou die tyd. Ons wys jou stap vir stap hoe.

-

Laat staan tot hard en bêre in ’n lugdigte houer. Lewer ongeveer 40 koekies.

Grondboont­jiebotterk­oekies

■ 250 ml grondboont­jiebotter

■ 125 ml sagte botter

■ 250 ml ligbruinsu­iker

■ 1 ekstragroo­t eier

■ 5 ml vanieljege­ursel

■ 375 ml koekmeel

■ 5 ml koeksoda

■ 1 ml sout

Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n paar bakplate met bakpapier uit. Bespuit liggies met kleefweren­de kossproei.

Verroom die grondboont­jiebotter, botter, ligbruinsu­iker, eier en vanieljege­ursel goed saam tot romerig. Sif die meel, koeksoda en sout oor en maak aan tot ’n deeg vorm. Verkoel tot die deeg ferm genoeg is om in bolletjies te rol.

Knyp stukkies deeg (ongeveer 30 ml) af en rol in bolletjies. Pak op die bakplate (laat ’n taamlike spasie tussen elke bolletjie omdat die koekies effens sal uitsprei in die oond). Druk die koekies effens plat met ’n vurk en bak vir 8-9 minute of tot die onderkante net goudbruin begin word. Laat die koekies vir ’n paar minute op die bakplate afkoel (die koekies sal nog sag wees) tot dit ferm genoeg is om met ’n eierspaan of paletmes af te lig tot op ’n draadrak. Laat die koekies afkoel tot kamertempe­ratuur voor jy dit in ’n lugdigte houer bêre. Lewer ongeveer 6 dosyn koekies.

Vlakoekies met kersies

■ 125 g sagte botter

■ 60 ml gesifte versiersui­ker

■ 5 ml vanieljege­ursel

■ 215 ml koekmeel

■ 60 ml vlapoeier

Versiersel

■ 250 ml versiersui­ker, gesif

■ ’n Paar druppels suurlemoen­sap

■ 10 rooi glanskersi­es, in kwarte gesny

Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n paar bakplate met bakpapier uit. Bespuit liggies met kleefweren­de kossproei.

Verroom die botter, versiersui­ker en vanieljege­ursel goed saam. Voeg die meel en vlapoeier by en meng tot die mengsel net-net bymekaar kom. Rol in bolletjies en pak op die bakplate. Gebruik ’n vurk of ander voorwerp om die koekies effens platter te druk. Bak vir 12-15 minute tot gaar. Laat die koekies vir 5 minute op die bakplate afkoel en pak dan op draadrakke om verder af te koel.

Meng die versiersui­ker en net genoeg suurlemoen­sap om ’n dik drupversie­rsel te vorm. Skep ’n bietjie van die versiersel op elke koekie en druk ’n kwart kersie versigtig bo-op vas. Laat staan tot die versiersel hard is en bêre in ’n lugdigte houer. Lewer 40 koekies.

■ 250 ml water

■ 310 ml suiker

■ 250 g pitlose rosyne

■ 250 g dadels, gesnipper

■ 250 g groenvyeko­nserf, grofgesny

■ 200 g pekanneute, grofgekap

■ 7 ml koeksoda

■ 250 g botter

■ 200 g rooi glanskersi­es, grofgekap

■ 3 eiers, geklits ■

5 ml vanieljege­ursel ■ 125 ml brandewyn ■ 625 ml bruismeel ■

3 ml sout

Voor jy begin: Voorverhit die oond tot 120 °C (250 °F) en smeer ’n hoë pan van 25 cm met botter. Voer uit met drie lae bakpapier (op die boom en teen die kante) en smeer weer.

Stap 1: Verhit die water, suiker, rosyne, dadels, groenvyeko­nserf, neute, koeksoda en botter saam in ’n groot kastrol tot die suiker gesmelt is. Verhit tot kookpunt en prut vir vyf minute. Verwyder van die hitte en laat effens afkoel.

Stap 2: Voeg die kersies, eiers, vanieljege­ursel en brandewyn by en roer goed. Voeg die mengsel by die bruismeel en sout en roer tot goed gemeng.

Stap 3: Skep die beslag in die voorbereid­e pan en smeer gelyk bo-op. Sny ’n sirkel bakpapier uit en maak die bokant van die koek daarmee toe.

Stap 4: Bak vir 2 uur tot deurgaar. Laat in die pan afkoel en keer dan uit. Sprinkel ’n bietjie brandewyn oor en draai in plastiek of waspapier toe.

Bêre die koek in ’n lugdigte houer en klam gereeld aan met nog ’n bietjie brandewyn. Lewer een groot koek.

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ?? Stap3
Stap3
 ?? ?? Stap4
Stap4
 ?? ?? Stap1
Stap1
 ?? ?? Stap2
Stap2

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa