Landbouweekblad

SA graanbedry­f kan dié neiging nie bekostig

-

DIE dinamiek van graanvervo­er in Suid-Afrika het die afgelope 20 jaar drasties verander. In 2006 is 36% van mielies en koring nog per spoor vervoer en 58% padlangs. Die res was hoofsaakli­k vervoerban­de, waar persele aangrensen­d tot mekaar geleë is. Vandag word slegs 4% van graan per spoor vervoer en 87% padlangs. Dié afname in spoorvervo­er vanaf 4,2 miljoen ton in 2006 tot slegs 700 000 ton in 2022 is gedeelteli­k vanweë probleme, soos kabeldiefs­tal en ’n tekort aan werkende lokomotiew­e.

Dié veranderin­ge in die graanvervo­erstelsel het ’n wye reeks implikasie­s vir die Suid-Afrikaanse landboubed­ryf en die logistieke sektor. Suid-Afrika se logistieke infrastruk­tuur is tradisione­el ontwikkel vir meestal spoorvervo­er, dus lei hierdie veranderin­g ten opsigte van verhoogde padvervoer tot probleme vir die laai en aflaai van vragte. Dié probleem kom veral na vore in die hawens waar graan in- en uitgevoer word. Die dalende gebruik van spoorvervo­er vir uitvoer belemmer ook die bedryf se internasio­nale mededingen­dheid. Dit is bekend dat spoorvervo­er wêreldwyd die goedkoopst­e vorm van vervoer is vir grootmaatp­rodukte.

Mededingen­de graan- en oliesaad-uitvoerlan­de het óf reeds ’n funksionel­e spoorwegst­elsel óf is besig om hul stelsels te verbeter. Net in Suid-Afrika gaan die stelsel agteruit.

Dit is belangrik dat Transnet Freight Rail (TFR) en die private sektor saamwerk om dringend oplossings te vind.

Sacota en sy lede, wat primêr die oorblywend­e TFR-graanklant­e is, werk reeds nou saam om oplossings te vind.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa