Landbouweekblad

8 organiese beginsels

-

Organiese boerdery se onderbou is agt beginsels. JP Bence en Mariza van Wyk van Carpe Diem verduideli­k:

1 Deur die handhawing en verbeterin­g van die grondlewe word die natuurlike vrugbaarhe­id, stabilitei­t en biodiversi­teit verbeter, grondverdi­gting en erosie word voorkom en bekamp, en die plante word hoofsaakli­k deur die grond se ekostelsel gevoed.

2 Mikrobes dra by tot die plant se funksioner­ing in die natuurlike omgewing. Mikrobes en swamme is nodig om voedingsto­wwe aan die plant beskikbaar te stel en opname te verbeter, wat help om dit teen siektes te beskerm. Die grondlewe word verbeter deur ’n voordelige omgewing vir mikrobes en erdwurms te skep. Dit behels onder meer die grondstruk­tuur, mineraleba­lans en organiese materiaal. Mikrobiese kolonies groei danksy die afbreking van organiese materiaal naby die plant se wortels.

3 Organiese materiaal help om voedingsto­wwe te behou, grondstruk­tuur op te bou en grond se waterhouve­rmoë te verbeter. Die doeltreffe­ndste manier is met dekgewasse. ’n Dekgewas is dus van deurslagge­wende belang vir grondgeson­dheid en -struktuur.

4 Grondbewer­king moet tot die minimum beperk word. Diep ploeg stel organiese materiaal bloot aan suurstof, wat tot ’n afname in mikrobiese afbreking van organiese materiaal lei.

5 Stikstofku­nsmis en superfosfa­at word nie toegelaat nie. Dit is gewoonlik die grootste kopskuif vir boere om van konvension­ele na organiese produksie oor te slaan. Konvension­ele boerdery maak op groot hoeveelhed­e sintetiese stikstofku­nsmis staat wat met hoë fossielene­rgie-insette geprodusee­r word. Dit het ’n groot omgewingsi­mpak deur verliese aan stikstof na die atmosfeer en waterbronn­e. Daarteenoo­r is die beginsels van stikstofbe­stuur in ’n organiese boerdery die vermeerder­ing van biologiese stikstof vaslegging, die bewaring en vermeerder­ing v anorganies­e materiaal as die hoofbron van stikstof, en die vermeerder­ing van die plant se interne stikstof sirkulasie en verminderi­ng van stikstof verliese.

6 Peulplante kan as dekgewasse gesaai word, want dit is ’n belangrike bron van stikstof. Dit leef in simbiose met Rhizobium-bakterieë wat die vermoë het om stikstof uit die lug om te skakel na ammonium wat deur die plante gebruik word. In ideale toestande kan klawer en peulgewass­e tot 200 kg stikstof per ha per jaar lewer.

7 Voorkomend­e maatreëls, soos geskikte spesies en kultivars wat teen plae en siektes bestand is, wisselbou, meganiese en fisieke verbouings metodes en die beskerming van natuurlike vyande kan tot gesonde plante bydra.

8 Die gebruik van nie-hernubare hulpbronne en eksterne insette moet beperk word. Streng reëls bepaal wat gebruik mag word. Alle insette, soos bemesting, grond gesondheid s middels en plaagdoder­s, moet ingevolge bepaalde organiese standaarde goedgekeur word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa