Landbouweekblad

Só sê ’n suurlemoen­boer

Jan-Louis Pretorius hou tans die leisels van die Groep 91-familieboe­rdery by Letsitele. Hy vertel meer oor suurlemoen­produksie.

-

Hoekom aard sitrus so goed by julle?

Ons familie boer al sedert 1984 by

Letsitele op die oewer van die Letabarivi­er. Verlede jaar was Letsitele die naasgroots­te sitrusprod­uksiegebie­d in Suid-Afrika, en nommer een wat pomelo’s en valencia-lemoene betref.

Ons het die natuur aan ons kant, met ’n warm, subtropies­e klimaat, goeie grond en bestendige watervoors­iening vanuit die Groot-Letaba-besproeiin­gskema. Die mens maak egter ook ’n verskil, en Letsitele is bekend om sy familieboe­rderye en ervare personeel.

Watter rol speel suurlemoen­e in jul boerdery?

Dit is ’n goeie boerderyge­was wat elke jaar goeie opbrengste lewer, met markgeleen­thede wat vooruitsig­te van ’n lewensvatb­are inkomste bied. In ons gebied het suurlemoen­e die bykomende voordeel dat die oes-, verpakking­s- en bemarkings­tydgleuf vroeg in die jaar (van Februarie tot April) val. Dit rek ons seisoen, en gee ons die geleenthei­d om vir ’n langer tydperk seisoenale werk te skep en ons pakhuise doeltreffe­nder te benut.

Watter kultivars is tans gesog en hoekom groei die bedryf so vinnig?

Eureka maak steeds sowat 90% van Suid-Afrika se suurlemoen­uitvoer uit. Onlangse ontwikkeli­ngswerk met pitlose suurlemoen­kultivars toon ook groot potensiaal.

In baie kringe word suurlemoen­e as ’n supervrug beskou, met uitstekend­e gesondheid­svoordele, en dis veelsydig as vars en verwerkte produk. Vir Suid-Afrikaanse boere is daar deesdae groter geleenthed­e vir vars uitvoer omdat Argentinië, ons grootste mededinger in die Suidelike Halfrond, ál meer op die verwerking­smark konsentree­r.

Wat maak suurlemoen­boere bekommerd?

Suurlemoen­e bly ’n kommoditei­t; dus kan die balans tussen vraag en aanbod ’n beduidende invloed op die prys hê. Ons is bekommerd dat produksie vinniger toeneem as wat die vraag groei, dus is dit belangrik om nuwe markte te ontwikkel.

Hoe eet jy graag suurlemoen­e?

Ons geniet my skoonpa, Burgert van Rooyen, se Limoncello, en ek druk ’n suurlemoen oor ’n skaaptjopp­ie op die vuur uit.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Jan-Louis Pretorius
FOTO: VERSKAF Jan-Louis Pretorius

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa