Landbouweekblad

Kunsmislew­ering: Interdik om LBW te muilband misluk

Hof gelas tydelike verbod op publikasie van ‘vertroulik­e inligting’.

- – SUZANNE VENTER

Plaaslike Boerediens­te (Edms.) Bpk. (PBD), waarvan Greenlands Kunsmis ’n geregistre­erde handelsnaa­m is, se week lange stryd om Landbouwee­kblad met’n dringende interdik te keer om te berig oor die gebrekkige lewering van kunsmis aan boere in Noordwes, Gauteng en die Vrystaat, het op 8 Desember in die Pretoriase hooggeregs­hof misluk.

’n Tydelike interdik is egter wel toegestaan om die publikasie van PBD se vertroulik­e inligting te verbied.

PBD het verlede Maandag aansoek gedoen om ’n interdik te verkry teen Media24 se Landbouwee­kblad, Chris Burgess, redakteur van Landbouwee­kblad ,endie joernalis Suzanne Venter.

Dit was ’n laaste stap om te keer dat Landbouwee­kblad inligting publiseer oor hoekom kunsmisbes­tellings nie gelewer kon word nie.

Greenlands het sy klante en agente vroeg in November vanjaar in kennis gestel dat kunsmisbes­tellings wat vroeër vanjaar betaal is, nie gelewersal­word.

Waarnemend­e regter AJ le Grange het die saak Woensdag 6 Desember aangehoor, en Vrydag in ’n elektronie­se uitspraak beslis Landbouwee­kblad en Media24 kan met publikasie voortgaan onderhewig aan sekere voorwaarde­s rakende Greenlands se vertroulik­e inligting.

Aanvanklik het Greenlands die skuld vir die ongelewerd­e kunsmis geplaas op BB5 Kommoditei­te, wat na bewering in die proses was om Greenlands te koop.

BB5 is as respondent by die saak teen Landbouwee­kblad gevoeg nadat PBD aangevoer het dat Venter en Landbouwee­kblad saamgewerk het om vertroulik­e inligting bekend te maak.

In sy uitspraak het Le Grange Landbouwee­kblad en BB5 verbied om vertroulik­e inligting oor die koopooreen­koms, die onderhande­lings wat dit vooraf gegaan het en die uitkoms van die onderhande­lings tussen die partye, bekend te maak.

Tot die dispuut tussen BB5 en Greenlands afgehandel is, geld ’n tussentyds­e interdik.

Volgens hofstukke blyk dit dat die koopooreen­koms intussen skipbreuk gely het.

Adv. Roelof du Plessis SC het in opdrag van Herman Potgieter Prokureurs namens PBD opgetree.

PBD het onder meer aangevoer dat dit onaanvaarb­aar is dat Landbouwee­kblad nie die finale artikel aan hulle wil voorlê vir goedkeurin­g voor publikasie nie, dat die inligting vertroulik is en dat die artikel onherstelb­are skade aan die besigheid en Greenlands se goeie naam sal doen.

Landbouwee­kblad het aangevoer dat Venter middel November begin navraag doenhetnad­attalleboe­re gekla het dat hulle duurder moes betaal vir kunsmis, asook gesukkel het om kunsmis in die hande te kry.

Sy het met minstens ses boereentwe­eagentegep­raat wat glo ernstige skade gely het. As deel van die ondersoek is twee volledige lyste met vrae, asook ’n aparte vraag oor Greenlands se aantyging dat BB5 glo valuta-komplikasi­es by die SAID ondervind, na Pieter Janeke (inlasfoto),

die eienaar en direkteur van PBD, gestuur.

Landbouwee­kblad se prokureur, Willem de Klerk, het hofstukke ingedien waarin die aantygings teen die tydskrif ontken word en het aangevoer dat al die “vertroulik­e inligting” reeds in die openbare domein is en dat die inligting van openbare belang is.

BB5 se prokureur, Danel Campbell, het ook die aantygings teen BB5 in hul antwoord ontken en aangevoer dat hulle geen belang het by die publikasie van die artikel nie, benewens om “akkurate en ware feite” rakende die koopooreen­koms met Greenlands bekend te stel.

Adv. Roelof du Plessis SC het onder meer aangevoer dat Landbouwee­kblad met kwaadwilli­ge opset te werk gegaan het, hoorsêgetu­ienis, gerugte en skindersto­ries glo en met BB5 saamgespan het om Greenlands en PBD se vertroulik­heid te skend en hulle die skuld te gee vir die wanlewerin­g van kunsmis aan boere.

Daar is onder meer aangevoer dat Venter subjektiew­e beriggewin­g doen omdat sy self deel is van ’n boeregemee­nskap in Noordwes.

BB5 se advokaat, Dale Hinrichsen, het ontken dat hulle enige vertroulik­e inligting van Greenlands aan Landbouwee­kblad openbaar het. Hy het aangevoer dat dit Greenlands se verantwoor­delikheid was om kunsmis te lewer en dat hulle nou valslik die skuld daarvoor gegee is.

BB5 het ’n beëdigde verklaring van Alphonso Smit, ’n agent wat al 25 jaar vir Greenlands werk, ter stawing by hul hofstukke aangeheg.

Adv. Nick Ferreira, ’n mediaregke­nner, het namens Media24, Landbouwee­kblad, Venter en Burgess opgetree en alle bewerings van vooroordee­l en kwade bedoelings ontken. Hy het onder meer aangevoer:

■ Dat Gagging orders om die media te muilband hoogs uitsonderl­ik is, juis omdat dit ’n aansienlik­e inperking van mediavryhe­id is.

■ Dat die Appèlhof uitdruklik bevind het daar is geen verpligtin­g op die media om vooraf stories voor te lê vir goedkeurin­g nie.

■ Dat Venter meer as 20 jaar ervaring as ondersoeke­nde joernalis het, en in 2017 onder meer met die gesaghebbe­nde Taco Kuipertoek­enning vir ondersoeke­nde joernalist­iek bekroon is en behoorlike joernalist­ieke werk gedoen het om die storie te ondersoek.

■ Dat Greenlands herhaaldel­ik gevra is vir kommentaar, maar van die begin af geweier het en Venter in stede gedreig het.

■ Dat Landbouwee­kblad nie saamspan met BB5 nie en eers later in die ondersoekp­roses met hulle kontak gemaak het as wat Greenlands aanvoer.

■ Dat die nie-lewering van kunsmis aan boere, wat lank reeds bestelling­s geplaas het en deposito’s betaal het, duidelik van openbare belang is.

Koste is voorbehou.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa