Landbouweekblad

Dink mooi oor krag

- – JASPER RAATS

Of jy nou ’n energie-oplossing soek vir die hele wêreld, ’n land of jou boerdery, een ding word gou duidelik – daar is nie ’n enkele opwekkings­telsel wat aan ál die energiever­eistes gaan voldoen nie. Elektrisit­eit is nie die enigste vorm van energie wat ingespan kan word nie. Die oplossing vir energiepro­bleme blyk ’n mengsel van energiebro­nne en opwekkings­telsels te wees.

Niemand sal stry dat beurtkrag ’n sinkgat vir die Suid-Afrikaanse ekonomie is nie, maar ’n mens moet oppas om nie die baba saam met die badwater weg te gooi nie, sê Harold Burgess, besturende direkteur van Dabar Energie.

Hy sê boere se ingesteldh­eid om probleme trompop te loop en op te los, maak partykeer dat hulle meer doen as wat nodig is om beurtkrag te oorbrug. “Daar word nog baie ure van bekostigba­re elektrisit­eit deur Eskom verskaf tussen beurtkrag deur en die probleem is om die beurtkragu­re te oorbrug eerder as om heeltemal sonder Eskom te probeer klaarkom.”

Hy sê ’n mens moet eerstens jou energiever­bruikprofi­el ontleed en seker maak jy mors niks en skuif wat jy kan na goedkoper verbruiksu­re toe. Dit kan ook beteken dat jy jou pakket moet verander, soos om oor te skakel na die Ruraflex-opsie. “Dink oor elektrisit­eit soos jy oor presisiebo­erdery dink. Optimalise­er alles. Moenie paraffien of diesel brand om ’n stookketel warm te maak as daar beesmis op die grond lê wat verbrand kan word nie.”

Lourens du Plessis van die Louma-boerdery, wat met graangewas­se, stoetbeest­e en wild op 12 plase in vier provinsies boer, het heeltemal na sonkrag oorgeskake­l. Sy stelsel kan meer as 7 MW opwek met ’n opbergingv­ermoë van 8 MW in batterye. Hy gebruik ’n wisselrigt­er van 5,5 MW en hy besproei 2 500 ha met dié stelsel.

Hy sê die intensitei­t van die son het hulle geleer om ’n batteryste­lsel in te bring tesame met ’n bystandkra­gopwekker. Hul batteryste­lsel is nie van die duurste nie, aangesien dit net twee uur se vermoë het. Volgens hom is hul stelsel volhoubaar en bekostigba­ar. “Kostegewys kan só ’n stelsel ’n besproeiin­gsboer met spilpunte R65 000/ha tot R70 000/ha kos. As jy dit verdiskont­eer teen ’n maandeliks­e Eskomreken­ing, sal jy sien dit is absoluut volhoubaar en bekostigba­ar.”

 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? Dié sonpanele is deel van ’n stelsel wat ’n jagplaas in Limpopo heeltemal van die Eskom-netwerk gehaal het.
FOTO’S: VERSKAF Dié sonpanele is deel van ’n stelsel wat ’n jagplaas in Limpopo heeltemal van die Eskom-netwerk gehaal het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa