Landbouweekblad

Swartland vier driekwart-eeu

-

In 2023 was dit 75 jaar sedert 15 plaaslike wynboere vir die eerste keer hul druiwe-oes by die bekende Swartland-wynkelder op Malmesbury gelewer het.

Die kombinasie van geskiedeni­s, tradisie en spesifieke terroir bekoor ná al die jare steeds verbruiker­s van die sowat 2 miljoen bottels wyn wat die kelder jaarliks produseer. Hy pars 70 ledeboere, wat altesaam op 3 600 hektaar wingerd boer, se druiwe.

Volgens Morné le Roux, uitvoerend­e hoof, lê dié sukses grootliks in die streek se unieke terroir en die talle bosstok-wingerde, waarvan baie droëland is, waarmee die produsente boer.

“Hierdie manier van boerdery, so na aan die natuur as moontlik, sorg dat elke druifkulti­var ’n uitdrukkin­g kry waarin die geure van die Swartland-streek opgesluit lê,” vertel hy.

Hoewel Swartland-wynkelder sinoniem is met Pinotage en Chenin blanc, oes sy Shiraz en Cabernet sauvignon ook lof in. “’n Mens kan sê die kelder se stigters was versiende, want vandag word Pinotage en Chenin blanc beskou as kultivars wat die Suid-Afrikaanse wynbedryf se beeld na die buiteland kan uitdra. Die Swartland staan bekend as ’n baanbreker van dié twee vlagskip-kultivars.”

Tog huiwer Swartlands­e boere nie om met unieke druiwe te eksperimen­teer nie. In die kelder se Limited Release-reeks kan jy Viognier, Rousanne, Carignan en Cinsaut vind – kultivars wat dikwels geloof word vir hul vermoë om droër toestande te deurstaan.

“Swartland-wynkelder het sedert sy ontstaan besef hoe vinnig die aard van die verbruiker kan verander. Daarom kon ons die afgelope 75 jaar vernuwe om ons greep op die mark te verstewig.”

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa