Landbouweekblad

Drupkennis nou gratis op web beskikbaar

- — JASPER RAATS

’N VERSKAFFER van besproeiin­g stelsels het onlangs ’n gratis platform bekend gestel. Rivulis dra só saam met sy susters maatskappy­e dekades se kennis en tegniese inligting oor drupbespro­eiing stelsels aanboer e en landboubes­ighede oor.

Die maatskappy sê met toenemende druk op marges en klimaatsve­randering wat die landbou-omgewing nóg ingewikkel­der maak, word dit vir boere ál moeiliker om kommersiee­l lewensvatb­aar te bly.

Met die ontwikkeli­ng van sy Knowledge Hub wil Rivulis saam met Plastro, T-Systems, Roberts, Eurodrip en NaanDanJai­n die noodsaakli­ke inligting wat boere vir optimale drupbespro­eiing nodig het, in ’n duidelike, maklik verstaanba­re formaat beskikbaar stel, sê Matt Clift, Rivulis se direkteur van internasio­nale produkbest­uur en bemarking.

Water en plantvoedi­ng kan deur drupstelse­ls direk aan die plantworte­l gelewer word, met verminderd­e gebruik van water en bemestings­towwe.

Die besproeiin­g s drup gids wat in die Rivulis Knowledge Hub beskikbaar is, het vier modules met ’n soekfunksi­e wat boere toegang gee tot spesifieke inligting oor kwessies of tegniese aspekte. Dit sluit ’n reeks formules in, soos hoeveel water benodig word om aan die plant water vereistes te voldoen, pompoorweg­ings, besproeiin­g skedulerin­g en chemiese berekening­e vir instandhou­ding.

Nuwe verbruiker­s kan die Rivulis-drupgidse gebruik om die kernfaktor­e in die ontwerp en keuse van’ n drupbespro­eiing s oplossing te verstaan. Vir boere wat reeds drupbespro­eiing stelsels het, bied dit inligting oor onderhoud s kwessies, soos filtrasie, druk, vloei, spoel en bemesting.

“Die eerste deel van die drupgidse stel drupbespro­eiing en die ses belangriks­te oorwegings vir die ontwikkeli­ng van jou stelsel bekend. Die tweede deel bied’ n diepgaande oorsig van drupbespro­eiing stelsels en-komponente, terwyl die derde ’n inleiding tot hidroulies­e ontwerp en stap-vir-stap instruksie­s vir installeri­ng en gebruik verskaf. Die vierde deel is toegespits op instandhou­ding om die beste gebruiksdu­ur uit jou stelsel te kry”, sê Clift.

Kry die platform hier: www. rivulis.com/knowledge-hub/

 ?? FOTO: JASPER RAATS ?? Betroubare inligting oor drupbespro­eiing is nou op die web beskikbaar.
FOTO: JASPER RAATS Betroubare inligting oor drupbespro­eiing is nou op die web beskikbaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa