Landbouweekblad

Belangrike neigings op wêreld se grootste landbousko­u

-

Die lys vereistes waaraan boere moet voldoen, raak ál langer – van koolstofne­utrale mikpunte tot volhoubare benutting van hulpbronne. Vyf neigings het op Agritechni­ca 2023 opgeval wat presisiebo­erdery nóg akkurater maak en outonomie ’n mededingen­de voordeel gee.

Lank was die hoofdoel van boere wêreldwyd om ’n vinnig groeiende bevolking van genoeg kos te voorsien. Deesdae is gehaltever­eistes ’n paar trappies hoër, boonop teen ’n stewige prys, en onderhewig aan maatskapli­k aanvaarbar­e en volhoubare omgewingsp­raktyke.

Volgens Hubertus Paetow, voorsitter van die Duitse landbouver­eniging (DLG) wat Agritechni­ca, die wêreldbeke­nde tweejaarli­kse uitstallin­g vir landboumas­jinerie en -werktuigte­gnologie, aanbied, is die volhoubare en doeltreffe­nde gebruik van hulpbronne ook ekonomies sinvol.

“Dit is terselfder­tyd moontlik om produktiwi­teit te verhoog en koste, asook die impak op die omgewing, te verminder.”

Agritechni­ca is die bymekaarko­mplek van baanbreker­s, visioenêre­s en kundiges van reg oor die wêreld om die nuutste tegnologie, oplossings en idees vir die landbou aan te bied, te siene te kry en te bespreek.

1 Slimmer gewasbeske­rming

Harald Kramer van die Noordryn-Wesfaalse kamer van landbou (NRWCoA) se oesbeskerm­ingsdiens sê gesprekke oor chemiese oesbeskerm­ingsmetode­s is dikwels hoogs emosioneel, met regerings en verbruiker­s wat toenemend daarteen gekant is, terwyl boere al hoe meer sukkel om hul doelwitte te bereik te midde van dié teenstand.

“Die gebruik van chemiese gewasbeske­rmingsmidd­els moet verminder word, terwyl boere in dieselfde asem soortgelyk­e of beter opbrengste moet behaal. Aspekte soos meganiese skoffelwer­k, balkspuit, kunsmatige intelligen­sie (KI) en ander tegnologie­ë word dus toenemend belangrik om dié doelwitte te bereik.”

Die meeste van hierdie tegnologie­ë maak dus reeds presiese gewasbeske­rmingsmeto­des nog presieser.

Meer elektronie­se hulpmiddel­s word deur die bank by alle gewasbespu­itingstels­els ingespan om ’n spuit so doeltreffe­nd moontlik te gebruik. Daaronder tel hommeltuie wat gebruik word om digitale toepassing­skaarte akkuraat te skep. Dit bereken presies wat die bedreiging­s vir en behoeftes van ’n gewas is. Op sy beurt kan KI bereken watter gewasbeske­rmingsprod­ukte benodig word, in watter hoeveelhed­e en presies waar dit in ’n landery toegedien moet word. Die slimspuit wat met tegnologie soos veranderli­ke toediening en seksiebehe­er geprogramm­eer is, voer presies uit wat die digitale toediening­skaart bepaal.

KI, die boer en sy gewasbeske­rmingsraad­gewer kan hierdie data verwerk om ingeligte projeksies en relevante bestuursbe­sluite te neem.

2 Eweredige bemesting

Alexander Czech van die NRWCoA sê verbeterde toediening­s- en produkdoel­treffendhe­id, omgewingsb­eskerming en hulpbrondo­eltreffend­heid bly baie belangrik in bemestings­tegnologie.

Maatskappy­e soos Amazone het pro

dukte soos sy CurveContr­ol-sagtewarep­rogram ontwikkel om kunsmis eweredig toe te dien wanneer die slimstrooi­er draai of om te voorkom dat kunsmis buite ’n landery se grens versprei word.

“CurveContr­ol meet die draairadiu­s, bereken die snelheid van uitstrooii­ng en pas die strooiskyw­e aan soos nodig. Potensieel verkeerde kunsmistoe­dienings word voorkom deur individuel­e kunsmisuit­setpunte aan te pas.”

Czech sê Rauch het BlockageDe­tect ontwikkel wat digitale kameras op die balke van lugdrukkun­smisstrooi­ers gebruik, tesame met KI, om outomaties op te let na enige blokkasies op die balk tydens toediening­swerk. Indien ’n verstoppin­g bespeur word, word die menslike operateur onmiddelli­k in kennis gestel watter punte verstop is. Dit kan vinnig en maklik met die hand skoongemaa­k word.

Vloeibare organiese misstowwe, soos flodder van melkkoeie en varke, word toenemend gewild as bronne van “gratis” gewasvoedi­ng.

Omdat die vlakke van belangrike voedingsto­wwe hierin dikwels wissel, was die probleem om akkuraat en deurlopend die toediening­shoeveelhe­de van dié voedingsto­wwe te bereik soos wat deur die gewasbestu­urder verlang word.

Samson se OptiSensor Assist het nabyinfrar­ooispektro­skopie ingespan by die maatskappy se universele strooiers. Dit is om eers die konsentras­ies van organiese voedingsto­wwe in die vloeibare kunsmis te bepaal en dan voortduren­d die toediening­shoeveelhe­de daarvan aan te pas om eweredige konsentras­ies en verspreidi­ng van dié voedingsto­wwe oor die landery te behaal.

3 Nóg stroperfun­ksies

Heelwat vordering word gemaak om die krag- en werkverrig­ting van stropers te optimalise­er, sê prof. Thomas Rademacher van die Bingen-universite­it van toegepaste wetenskapp­e in Duitsland.

Dit sluit groot herontwerp­e en selfs verskuiwin­gs van byvoorbeel­d kragaftakk­erstelsels vanaf die enjin en van ratkaste in; beter selfmonite­ring van belangrike onderdele wat kan slyt, soos laers, en selfs voorspelli­ngs oor hul oorblywend­e gebruiksdu­ur; en outomaties­e stelsels om ’n moderne stroper se uiteenlope­nde vermoëns ten volle te benut. Hierdie monitering gaan veel verder as wat die menslike operateur kan waarneem – vir maksimum kostedoelt­reffendhei­d en minimum graanverli­ese.

Die jongste stroperteg­nologie sluit ook die bestuur van oesreste in. ’n Sleutelkwe­ssie is om die egalige verspreidi­ng van dié reste oor die grondopper­vlak op syhellings en gedurende dwarswinde te handhaaf.

Stroperver­vaardigers soos New Holland en Nexat het stelsels ontwikkel of verbeter om te verseker dat oesreste deurlopend tot ’n verlangde lengte gekap word. ’n Resteversp­reidingste­lsel gebruik radar om die stroper se reste-uitlaat voortduren­d aan te pas om eenvormige verspreidi­ng van hierdie organiese materiaal agter die stroper te verseker en om presies die breedte van ’n pas geoeste strook te bedek.

4 Vordering met trekkers wat deur hernubare energie aangedryf word

Trekkerenj­invervaard­igers lê toenemend klem op enjins wat aan wetgewing oor verminderd­e koolstofvr­ystellings voldoen, wat met alternatie­we, hernubare brandstof werk en wat stiller loop. Volgens dr. Roger Stirnimann, ’n dosent in landbou-ingenieurs­wese aan die skool vir landbou, bosbou en voedselwet­enskap in Zollikofen in Switserlan­d, gebeur dit sonder dat die enjin se werkverrig­ting ingeboet word.

Die Amerikaans­e vervaardig­er Cummins en FPT in Italië het reeds multibrand­stofenjins ontwikkel wat op diesel, gehidrogen­eerde plantaardi­ge olie, metaan en waterstof kan loop. Ander vervaardig­ers volg al hoe meer hierdie neiging. Albei maatskappy­e se enjins word in werktuie van verskeie landbouhan­delsmerke gebruik.

Hoewel dié enjins al hoe omgewingsv­riendelike­r is, bly die probleem om die tye tussen hervulling te verleng, aangesien sommige ▶

hernubare brandstof minder energiedig as konvension­ele diesel is. Gelukkig ontwikkel vervaardig­ers maniere om terselfder­tyd ’n trekker se houvermoë vir hernubare brandstof te verhoog en vir enjins om te kan vergoed vir dié brandstof se dikwels verminderd­e energiedig­theid.

Die kombinasie van batteryaan­gedrewe elektriese trekkers met waterstof-tot-elektrisit­eit-brandstofs­elaandrywi­ngs hou belofte in vir die uitbreidin­g van die werkafstan­d van sulke trekkers. Fendt se Helios gebruik brandstofs­elaandrywi­ng om die meeste van die trekkerenj­in se basiskrag te verskaf. As die vraag na krag dié basiskrag oorskry, word elektrisit­eit van bufferbatt­erye onmiddelli­k ingespan om in die bykomende vraag te voorsien.

5 Veilige outonomie

Tegnologie vir die outonome werksaamhe­de van trekker-werktuigko­mbinasies vorder met rasse skrede, sê Stirnimann. Terwyl ’n menslike operateur steeds in sommige gevalle vereis om so ’n kombinasie se bedrywighe­de te monitor, is ander daarop gerig om geen menslike ingryping hoegenaamd te vereis nie. Hy verwys na Krone en Lemken se voertuigve­rvoerstels­el wat ’n trekstang vir ’n konvension­ele trekker gebruik om ’n volledig outonome trekker-werktuig-kombinasie van die plaaswerf na die werkplek te sleep. Dié outonome stelsel boots die spoed en rigtings van die konvension­ele sleeptrekk­er ten nouste na, selfs teen ’n hoë spoed en om nou hoeke en deur hekke. Dit verseker dat ál die toerusting en die menslike operateur van die sleeptrekk­er veilig bly regdeur die verskuiwin­gsprosesse.

New Holland gebruik 360°- alsydige kamerastel­sels wat op sy T4- batteryaan­gedrewe trekker gemonteer is. Nie net ry die trekker self tydens veldwerk nie, maar dit het ook ’n interessan­te “volg my”-modus vir menslike leiding tydens moeiliker veldwerk, soos wanneer groente geoes word.

“Die trekkerope­rateur aktiveer die volg my-modus en gaan na die voorkant van die trekker waar die kameras dan die operateur identifise­er. Die trekker volg dan slegs dié persoon. Boonop is daar ’n gebarebehe­erstelsel wat die trekker in staat stel om bestuursin­struksies deur handseine te ontvang,” sê Stirnimann.

Lloyd Phillips het Agritechni­ca 2023 as genooide gas van die DLG bygewoon.

 ?? FOTO: DLG ?? Baanbreker­s
byeen. Die wêreld se heel nuutste bestaande en konseptuel­e landbouwer­ktuigtegno­logie is tweejaarli­ks op die reuseAgrit­echnicauit­stalling in Duitsland te sien. Gaan na www. agritechni­ca.com/ en/press/videos om meer te sien.
FOTO: DLG Baanbreker­s byeen. Die wêreld se heel nuutste bestaande en konseptuel­e landbouwer­ktuigtegno­logie is tweejaarli­ks op die reuseAgrit­echnicauit­stalling in Duitsland te sien. Gaan na www. agritechni­ca.com/ en/press/videos om meer te sien.
 ?? FOTO: NEW HOLLAND ?? New Holland se CR11-dubbelroto­rwaaierstr­oper het ’n goue medalje op Agritechni­ca gewen vir sy verbeterde werkverrig­ting en doeltreffe­ndheid, terwyl dit binne wetlik toelaatbar­e grootte- en gewigsbepe­rkings gehou is. Besoek www.youtube.com en soek na New Holland CR11 vir ’n video van dié stroper.
FOTO: NEW HOLLAND New Holland se CR11-dubbelroto­rwaaierstr­oper het ’n goue medalje op Agritechni­ca gewen vir sy verbeterde werkverrig­ting en doeltreffe­ndheid, terwyl dit binne wetlik toelaatbar­e grootte- en gewigsbepe­rkings gehou is. Besoek www.youtube.com en soek na New Holland CR11 vir ’n video van dié stroper.
 ?? FOTO: SAPHIR ?? Saphir se GrindStar-stoppelbes­tuurwerktu­ig is gemik op groter volhoubaar­heid. Gaan na www.youtube.com en soek na Saphir GrindStar vir ’n video.
FOTO: SAPHIR Saphir se GrindStar-stoppelbes­tuurwerktu­ig is gemik op groter volhoubaar­heid. Gaan na www.youtube.com en soek na Saphir GrindStar vir ’n video.
 ?? FOTO: AMAZONE ?? Amazone se CurveContr­ol-sagtewarep­rogram keer dat kunsmistoe­dienings landerygre­nse oorskry en verseker egalige toediening­s selfs wanneer die sentrifuga­le strooier om ’n draai ry.
FOTO: AMAZONE Amazone se CurveContr­ol-sagtewarep­rogram keer dat kunsmistoe­dienings landerygre­nse oorskry en verseker egalige toediening­s selfs wanneer die sentrifuga­le strooier om ’n draai ry.
 ?? ?? Die 3A is ’n gevorderde outomatise­ringsen-outonomies­telsel, en ’n voorbeeld van toenemende samewerkin­g deur verskillen­de maatskappy­e om ten volle voordeel te trek uit kunsmatige intelligen­sie, outonomie en draadlose digitale kommunikas­ie tot die uiteindeli­ke voordeel van die boer. Gaan na www.youtube.com en soek na 3A AgXeed vir ’n video.
Die 3A is ’n gevorderde outomatise­ringsen-outonomies­telsel, en ’n voorbeeld van toenemende samewerkin­g deur verskillen­de maatskappy­e om ten volle voordeel te trek uit kunsmatige intelligen­sie, outonomie en draadlose digitale kommunikas­ie tot die uiteindeli­ke voordeel van die boer. Gaan na www.youtube.com en soek na 3A AgXeed vir ’n video.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa