Landbouweekblad

Uitvoer die strooihalm-hoop

Solank die ekonomiese omstandigh­ede in Suid-Afrika nie verbeter nie, sal die vraag na suiwelprod­ukte waarskynli­k sywaarts beweeg. Die land is egter goed geposision­eer om ’n sterker deelnemer op die uitvoermar­k te word.

-

Midde-in die flou vooruitsig van groei in die verbruiker­svraag na melkproduk­te vestig die Melkprodus­ente-organisasi­e (MPO) sy hoop eerder op die ontginning van buitelands­e markte.

“Suid-Afrika is in ’n gunstige posisie om uitvoermar­kte te betree. Die MPO verwag ’n groter klem op dié markte. Die binnelands­e mark bied nie veel potensiaal nie en dit gaan nie gou verander nie,” sê Bertus van Heerden, hoofekonoo­m by die MPO.

Volgens Alwyn Kraamwinke­l, uitvoerend­e hoof van die Suid-Afrikaanse Melkproses­seerdersor­ganisasie (Sampro), is die prestasie van die Suid-Afrikaanse melkbedryf, soos dié van talle ander bedrywe, baie afhanklik van die prestasie van die plaaslike ekonomie. “Die gebrek aan betekenisv­olle ekonomiese groei in Suid-Afrika die afgelope paar jaar, tesame met inflasie, het die verkope van produkte, en daarmee saam die vraag na onverwerkt­e melk, benadeel.”

Groei nie gestimulee­r

Volgens Kraamwinke­l was die verkope van melkproduk­te in 2021, 2022 en die eerste nege maande van 2023 laer, vergeleke met die vorige ooreenstem­mende tydperke, en daarom ook die vraag na en produksie van onverwerkt­e melk.

Tog het die plaashekpr­ys gestyg.

Van Heerden sê in Oktober verlede jaar was die nasionale gemiddelde plaashekpr­ys R7,39/liter melk nadat dit in Junie ’n hoogtepunt van R7,78/liter melk bereik het – 32% hoër as die gemiddelde prys in Januarie 2022. In die eerste tien maande van 2023 was produksie egter 0,84% laer as in die ooreenstem­mende tyd in 2022. Teen druktyd is verwag dat produksie vir 2023 as geheel 0,2% laer sou wees as in 2022.

Van Heerden sê ’n mens kan hieruit aflei dat produksiek­oste drasties gestyg het.

Volgens Kraamwinke­l het die pryse van melkproduk­te en onverwerkt­e melk tot middel 2023 aansienlik gestyg. “Dit was nie die gevolg van ’n groter vraag nie, maar bedoel om te midde van aansienlik­e stygings in insetkoste ’n sekere aanbod mee te bring

wat in pas met die vraag is.”

In die laaste paar maande van 2023 het die indekse vir die produsente­pryse van onverwerkt­e melk en van belangrike melkproduk­te effens gedaal. Dit was waarskynli­k die gevolg van ’n seisoenale verhoging in produksie, sê Kraamwinke­l.

Sprankie hoop

Van Heerden verwag dat verbruiker­spryse van melkproduk­te in 2024 minder drasties sal styg omdat kostedruk in die waardekett­ing in 2023 matig verlangsaa­m het. “Huishoudin­gs se besteding kan egter weens die pap ekonomie nie veel verbeter nie.

“Die bedryfsvoo­ruitsigte bly daarom konserwati­ef, met ’n geringe verbeterin­g in binnelands­e verkope waar verlore volumes ingehaal kan word.”

Kraamwinke­l sê ’n lae ekonomiese groeikoers word vir vanjaar verwag. As dit realiseer, kan dit tot ’n effense styging in die vraag na melkproduk­te lei.

Boonop kan ekonomiese groei benadeel word deur faktore soos voortgeset­te swak dienslewer­ing deur die openbare sektor (waaronder beurtkrag), internasio­nale gebeure, die invloed van die algemene verkiesing en moontlike ongunstige klimaatsto­estande vanweë ’n El Niño-verskynsel.

Die MPO sê uitvoer bied ’n sprankie hoop. “Die uitvoer van melkproduk­te het in 2023 gegroei. Die MPO weet van uitvoergel­eenthede wat ondersoek word en tot dusver gunstig blyk te wees,” sê Van Heerden.

Gee aandag hieraan

Volgens Van Heerden rig die wêreld ’n drievoudig­e stel eise aan die melkbedryf: “Voed die wêreldbevo­lking, en wel op ’n omgewingsv­riendelike manier en met die klem op volhoubaar­heid.

“Dié vereistes gaan in 2024 sterker na vore kom. Die melkwaarde­ketting sal daadwerkli­k hierby betrokke moet raak en toenemend hulpbronne daarvoor kanaliseer.”

Volgens Kraamwinke­l sal die volgende kwessies spesifiek aandag moet geniet:

■ Die wysiging van regulasies ten opsigte van die samestelli­ng en die voedselvei­ligheid van melkproduk­te.

■ Die ooreenstem­ming van standaarde wat betref die samestelli­ng en voedselvei­ligheid van melkproduk­te in Afrikaland­e.

■ Die ontwikkeli­ng van ’n minotering­sprojek vir chemiese residu waarsonder uitvoer na belangrike markte onmoontlik is.

■ Internasio­nale handelsoor­eenkomste en die toepassing daarvan.

■ Wetlike en vrywillige standaarde ten opsigte van die welstand van melkdiere.

■ Dieregeson­dheidsake.

■ Die invloed van die melkbedryf op die omgewing.

■ Die bevorderin­g en beskerming van die gehalte en integritei­t van melkproduk­te.

■ Die verspreidi­ng van inligting oor veral die voedings- en gesondheid­svoordele van melkproduk­te, maar ook oor sake soos die invloed van die melkbedryf op die omgewing.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Bertus van Heerden
FOTO: VERSKAF Bertus van Heerden
 ?? FOTO: VERSKAF ?? Alwyn Kraamwinke­l
FOTO: VERSKAF Alwyn Kraamwinke­l
 ?? FOTO: AMELIA GENIS ?? Besteding. Plaaslike verkope van melkproduk­te kan in 2024 effens verbeter, veral indien die ekonomie groei, maar verbruiker­s sal steeds in die algemeen onder groot druk bly.
FOTO: AMELIA GENIS Besteding. Plaaslike verkope van melkproduk­te kan in 2024 effens verbeter, veral indien die ekonomie groei, maar verbruiker­s sal steeds in die algemeen onder groot druk bly.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa