Landbouweekblad

‘Alle Land Rover-fanatici gaan reguit hemel toe’

-

Johnny Hanekom se versamelin­g van 21 Land Rovers is nog nie die einde van die storie nie... hy het nóg een bestel.

Sy eerste aankoop in 2002 was ’n 2001-model TDI-bakkie. Die oudste een, ’n 1956 Series 1, word tans deur ’n meganiese ingenieur in Gauteng, Henri Zermatten, gerestoure­er. “Hy is besig met ’n groot herbou, reg van die grond af. Dit is ’n baie opwindende projek.”

Johnny is lid van die Namibiese Land Rover-klub wat waarskynli­k die grootste, aktiefste motoreiena­argroep in dié land is. Hulle versamel nie net hierdie ikoniese Britse voertuie nie, maar kuier gereeld saam en toer ook vier tot vyf keer per jaar reg oor Namibië.

Hy lag maar net oor al die stories en olielekgra­ppe oor Land Rovers. “Ons spot nie verniet met mekaar dat ons reeds ons hel op aarde gehad het en eerste in die hemel gaan kom nie!”

Hy koop nie net modelle en verkoop hulle later nie, maar kry deskundige­s om die Land Rovers tot hul volle glorie te herstel en hou hulle dan in sy skure.

Van die ouer Land Rovers sluit in twee 1963-modelle, ’n Series IIa-bakkie en ’n Forward Control, en ’n 1977 Series III-stasiewa. Op sy 2.4 Pumabakkie is hy baie trots, en daar staan nie minder nie as nege Td5 Defender 110- en 130-bakkies op sy plase. Van die stasiewaen­s sluit in ’n Td5 90, ’n Puma 2.2 en ’n Defender V8. ’n Range Rover Classic V8, Discovery 2 en Discovery 4 verken ook die Namibiese landskap saam met die klub. “Reg oor die wêreld is die Land Rover-familie baie lojaal teenoor mekaar.”

Besoek Landbou.com vir ’n video van die plaas.

 ?? ?? Van die voertuie in Johnny se versamelin­g Land Rovers is die Fordward Control 1963-model, wat baie skaars is, en die Td5 130 wat spesiaal herbou is.
Van die voertuie in Johnny se versamelin­g Land Rovers is die Fordward Control 1963-model, wat baie skaars is, en die Td5 130 wat spesiaal herbou is.
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa