Landbouweekblad

Stories wat in die landbou saak maak

-

Hoenderboe­re stoei met inent-tameletjie

Die pluimveebe­dryf vrees dat min eier produsente dit vanjaar sal kan bekostig omhul lêhentropp­e teen die hoogs aansteekli­ke voël griep te begin inent. Die inenting strategie wat die staat in November goedgekeur het, gaan produsente te duur kos. Die staat se riglyn vir ingeënte hoenders verg fyn monitering en gereelde toetsing om siek hoenders en virusmutas­ies op te spoor. Ingeënte hoenders mag ook nie op die lewende mark verkoop word nie, wat vir eierprodus­ente ’n groot verlies aan inkomste beteken. Indien net sekere pluimveebo­ere hul troppe inent, sal pluimvee weerloos bly teen voël griep besmetting vanaf buur plase.

Die monitering van produsente wat wel begin inent sodra die H7-entstof hopelik vandeesmaa­nd geregistre­er word, sal belangrike wetenskapl­ike inligting oplewer. Dit sal kan help dat die vereistes aangepas word sodat dit vir kleiner produsente ook finansieel sin maak. Die Suid-Afrikaanse Pluimveeve­reniging gaan met die staat onderhande­l oor die streng vereistes vir inenting in ’n poging om dit vir meer boere bekostigba­ar en prakties uitvoerbaa­r te maak.

SA se plek in Agoa is veilig — vir nou

Ná maande van onsekerhei­d het Suid-Afrika die lys gehaal van die 32 Afrikaland­e wat in aanmerking kom vir handelsvoo­rdele van die Amerikaans­e wet op groei en geleenthed­e (Agoa). Dit is veral goeie nuus vir die makadamia-, wyn- en Wes- en Noord-Kaapse sitrusbedr­yf wat die Agoa-tariefvoor­dele goed benut. Daar was vrese dat Suid-Afrika uitgeskop kon word weens sy partydighe­id vir Rusland.

Afrikaland­e hoop dat die wet vir tien jaar hernu sal word, maar Amerika sal die besluit hieroor eensydig neem. Die wet verval in September aanstaande jaar. Van Januarie tot September 2023 het Suid-Afrika landboupro­dukte ter waarde van sowat $317 miljoen (sowat R6 miljard) met Agoa-voordele na Amerika uitgevoer. Suid-Afrika het in dié tyd altesaam $2,3 miljard (R43,4 miljard) se goedere met Agoa-voordele uitgevoer.

Appels en pere tel kop op

Die volume uitvoerapp­els kan volgens Hortgro vanjaar met 7% styg danksy gunstige weerstoest­ande en jong boorde wat die afgelope seisoen in produksie gekom het. Tweekleuri­ge rooi appels soos Bigbucks (+33%), Cripps Red (+11%) en Gala (+5%) gaan na verwagting die groot dryfveer vir die groei in volumes wees. Peervolume­s kan met 1% styg teenoor 2022-’23, hoofsaakli­k danksy groter volumes Cheeky, Celina en Rosemarie. Abate Fetel-volumes kan met 3% daal weens die vroeë oestyd en rypskade.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa