Landbouweekblad

Besproeiin­g is ’n hoeksteen van voedselsek­erheid

-

Agbiz se landboubes­igheidsled­e het ’n aansienlik­e belang by waterregte omdat hulle insette, toerusting en finansieri­ng aan besproeiin­gsboerdery­e verskaf.

Die organisasi­e sê in sy kommentaar luidens ’n 2018-verslag van die Waternavor­singskommi­ssie ondersteun besproeiin­g 25-30% van die nasionale landboupro­duksie. Na raming sorg besproeiin­g vir tot 90% van die produksie van hoëwaardeg­ewasse, soos aartappels, groente en vrugte, en 25-40% van die produksie van nywerheids­gewasse, soos suikerriet en katoen. Sowat 90% van vrugte en wyn word onder besproeiin­g verbou.

Luidens ’n 2015-verslag van die Wêreldnatu­urlewefond­s (WWF) word 1,5% van Suid-Afrika se grond vir besproeiin­gsboerdery gebruik, maar 30% van gewasse word hier geprodusee­r.

In die Nasionale Ontwikkeli­ngsplan word ’n mikpunt gestel om die grond onder besproeiin­g met50%uittebrei.

Volgens Agbiz moet voorgestel­de wysigings aan die Nasionale Waterwet getoets word teen die doelwitte in die meesterpla­n vir die landbou en voedselver­werking.

“Gegewe die werklikhed­e van ’n gebrek aan haalbare finansieri­ng vir swart boere, ’n gebrek aan sekerheid van grondbesit, asook aan koördineri­ng tussen die tersaaklik­e staatsdepa­rtemente, dra die voorgestel­de kriteria na ons mening by tot swart boere se stryd.” Dít moet aandag kry om die meesterpla­n te kan uitvoer.

“Vennootska­ppe tussen bestaande kommersiël­e produsente en nuwe swart toetreders kan bydra tot die verwesenli­king van die doelwitte van die meesterpla­n, maar kommersiël­e produsente sal kommersiël­e finansieri­ng nodig hê om die kollektiew­e besproeiin­gspoor uit te brei of te vernuwe.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa