Landbouweekblad

Jaco Schoonwink­el

-

Watter tegnologie is onmisbaar in jul boerdery?

Eerstens presisiebo­erdery vir onder meer die veranderli­ke toediening van kalk en kunsmis om grondvrugb­aarheid te verhoog op dele van landerye waar dit nodig is en te bespaar op ander dele wat dit nie benodig nie. Selfstuur en GPS help ons om akkuraat te plant in die middel van die vorige jaar se stoppels sodat ons oorvleueli­ng vermy en saad-, kunsmis- en plaagdoder­koste verlaag. Verder help seksiebehe­er om die dubbele toediening van voeding- en gifstowwe te vermy deur die verskillen­de seksies op die planter te beheer.

Wat is jul grootste kwessies in die boerdery?

Om wins te maak. Daar is op die oomblik nie regtig ’n vertakking wat geld maak nie. Vleispryse is waar dit vyf jaar gelede was, terwyl voerpryse met 200% gestyg het. Gifstowwe, kunsmis, brandstof en voer is alles aansienlik duurder, terwyl ons as boere nie meer geld vir enige produk kry wat ons lewer nie, hetsy graan, melk of vleis. Dus moet ons so doeltreffe­nd moontlik boer en probeer bespaar waar ons kan.

Wat is die beste raad wat jy al as boer en as sterkman gekry het?

Aanhouer wen. In boerdery is daar baie probleme. Die geheim is om te hou by die resep wat jy weet altyd werk, en nie groot veranderin­ge te maak nie. As jy ’n suksesvoll­e sterkman wil wees, moet jy jou gereed maak om jare lank week ná week te oefen en opoffering­s te maak, soos om sosiale geleenthed­e te vermy.

Wat is die grootste fout wat jy in jou loopbaan as sterkman gemaak het?

Die grootste was om aan te hou deelneem nadat ek verlede jaar my knie in die eerste item in die eindronde seergemaak het. Ek was hardkoppig en het besluit om aan te gaan, wat veroorsaak het dat ek my kruisligam­ente geskeur het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa