Landbouweekblad

Ford Everest Wildtrak is die hele pakket

Een eienskap van die Ford Everest wat baie punte by die vroue gekry het, is die sitplekke wat heeltemal kan platslaan en só die kattebakru­imte vergroot.

- NAVRAE: Web: ford.co.za

Waar Suid-Afrikaanse boere bekend is om hul vermoë om altyd ’n plan te beraam, staan die boervrou voor in die ry om veelvuldig­e take op een slag te kan d en. Daarom is die toets vir enige voertuig wat sy bestuur, of hy in meer asee behoefte voorsien. Soveel te beter as hy mooi lyk in die proses —en dit is presies wat die Ford Everest Wildtrak V6 regkry.

Kyk, jy hoef nie vir Anneri Lindeque te oortuig dat die Ford Everest die regte voertuig vir haa is nie. Jy kan haar maar net vra om die redes te noem. Daar is baie – van sy spasie en spoed ot sy hoogte, hantering en voo koms.

“Hy et alles waarvoor ek ’n regmer ie sal gee,” sê sy.

Dit ondanks die feit dat haar man, Org, ’n stoere ondersteud­ie ner van Japannese motorverge­r vaardi is wat altyd genoem word wanneer iemand om ’n braaivl isvuurmet’nFordspog.

“Ons stry gereeld daaroor in ons hu s,” sê Anneri, wat twee Ford Rangers in haar motorhuis het – ’n 2.2 en ’n 2.6 – een vir haarself en een vir haar boerdery.

“Hy is ook ’n Cheetah-ondersteun­er en ek ’n Shark, maar ons maak dit werk,” vertel sy laggend.

Anneri en Org het saam die leisels van Anro-boerdery buite Mbombela, Mpumalanga, by haar oupa Robbie Späth en pa, Hein, oorgeneem. Sy is vandag die besturende direkteur van dié makadamia-boerdery.

Tussendeur moet hul twee kinders, Jeanri (11) en Heinro (6), elke dag 30 km grondpadmo­et langs skool toe gekarwei word, en daarvoor blink Anneri se oë vir die Ford Everest.

“Hy is binne en buite mooi. Dit is vir my definitief ’n oorweging om een te koop. Die oes net inkom. Ons hou duimvas dat die makadamiap­ryse hierdie jaar goed sal wees.”

Anneri was nie die enigste vrou op Landbouwee­kblad se

SUV vir ’n boervrou-dag wat deur die Ford Everest betower is nie. Die ander vier vroue was ook vol lof vir veral die veelsydigh­eid en voorkoms van dié sportnutsv­oertuig.

Die Ford was een van sewe SUV’s wat hulle op die Sandwani-wildplaas buite Pretoria op ’n 4x4-, spoed-, rem- en teerbaan getoets het.

Mooi van buite én binne

Soos die manne van die Boerboel-advertensi­es, kry die Ford Everest Wildtrak baie waarderend­e kyke. En met rede, want dié sportnutsv­oertuig slaag daarin om terselfder­tyd stylvol én gespierd te lyk. Sy ietwat vierkanti

ge voorkoms met Ford se nuwe vooraansig, wat die C-vormige dagligte en robuuste rooster en gaas insluit, asook die dakrelings, dakvin en sytrap, laat hom uitstaan op ’n mark waar alles meestal dieselfde lyk. Boonop kom hy standaard met 20 duim-allooiwiel­e (in two-tone nogal) met 255/55 R20-bande (18 duim met 255/65-veelterrei­nbande is opsioneel).

Oor berge en deur dale

Die spiere wat Everest se voorkoms bult, is nie net voorgee nie; hy voeg die daad by die woord met sy veldryverm­oë.

“Hierdie kar ry saam met my; ek ry nie saam met hom nie. Wanneer ek draai, draai hy. Dit voel vir my of ék in beheer is,” was Amoné Kriek se kommentaar nadat sy die 4x4-baan aangedurf het.

Amoné se man, Gert, boer hoofsaakli­k met sojabone en mielies as deel van PJ Kriek en Seuns-boerdery op die plaas Leeubank by Balfour in Mpumalanga. Sy ken dus van voertuigha­ntering op rowwe paaie. Daarom was dit nie ’n verrassing om haar met ’n Ford-keps te gewaar op die onlangse Balfour-hooidag, waarvan Gert die voorsitter is.

Die uitstekend­e hantering wat Amoné van die Everest beleef het, word aangehelp deur sy vierwielaa­ndrywing met ’n terreinbes­tuurstelse­l wat jou ses rymodusse bied – Normal, Eco, Tow/Haul, Slippery, Mud & Ruts, en Sand. Danksy ’n draaiknop digby die rathefboom het jy dadelik toegang tot die rymodusse. Jy kan ook in die ry tussen agterwiel- en vierwielaa­ndrywing wissel.

Verder bied die Ford ’n sluitewena­ar op die agteras. Met ’n grondvryho­ogte van 220 mm behoort hy enige terrein baas te raak. As die padoppervl­ak egter die oorhand kry, kom die Everest standaard met onderstelb­eskerming.

Alles wat ’n vrou wil hê

Vir Jolandie Malan is die Ford Everest ’n “wow-kar”.

“’n Mens klim maklik in en as jy sit, voel jy baie tuis. Hy het sag en egalig op die 4x4-baan gery. Jy sal gerieflik van die plaas na die stad ry en nie eens die verskil agterkom nie.

“Die interieur is ook baie mooi en is groot genoeg dat jy nie ingeboks voel nie,” sê Jolandie, bemarkings­bestuurder van Malanseuns en die vrou van Jimie Malan, hoofbestuu­rder van die JD Malan-groep wat Malanseuns in Pretoria, asook ’n skaarswild- en beesboerde­ry op die plaas Lumarie in Limpopo insluit.

Esri Meintjès van Viljoensni­e kroon in die Vrystaat het ook van sy binneruim gehou.

“Daar is plek om alles, soos jou sleutels, neer te sit en die kinders sal ook lekker inpas.”

Esri en haar man, JP, van SJ Meintjès-boerdery, het vier seuns wat ingelaai moet word. Die driery-sewesitple­k-konfiguras­ie is dus ideaal. Hoewel die driery-sitplekke die kattebakru­imte op die oog af beperk, vergoed Ford daarvoor deur die sitplekke wat heeltemal kan platslaan. Dit beteken die kattebak wissel in grootte na gelang van hoeveel sitplekke opgeslaan is: 259 liter met al die sitplekke, 898 liter met die derde ry platgeslaa­n en 1 818 liter met die tweede ry ook platgeslaa­n. ▶

“Die feit dat die sitplekke heeltemal platslaan, beteken jy kan selfs ’n matrassie agterin gooi vir klein kindertjie­s as jy wildtuin toe gaan,” voeg Amoné by. Hierdie model se kattebakop­ening is ook breër as dié van die voriges, iets waarvan Anneri hou. “Jong, ons moet altyd goed vir die plaas laai en vandag se skooltasse is nie meer wat dit was nie; dit is swaar en groot. Al wat nie gaan inpas nie, is my bossiekapp­er,” sê sy laggend.

Amoné het ook opgemerk dat die kattebak se klap hoër oopmaak as die vorige Everest s’n. “Met die ander het dit gevoel of ’n mens onder hom moet inklim. Ek kan gemaklik onder hierdie een staan.”

Van grondpad tot langpad

Dit is juis die veelsydigh­eid van dié Ford wat Elisca Pistorius van Val, Mpumalanga, beïndruk het.

“Hy ry bitter lekker; ek voel tuis agter die stuurwiel. Die kar sal alles kan doen – plaas, kerk én vakansie.”

Dit was nog meer ’n wenner in haar boekies ná die kwartmylui­tdaging waartydens die vroue sy spoed op grond getoets het. Hier het die Ford se allewielaa­ndrywing die vroue ’n goeie ry-ervaring gegee.

Hoewel Elisca gemeen het die Ford was ’n rapsie stadiger as van die Duitse SUV’s, was sy min gepla.

“Dit maak nie vir my saak nie, hy het ge-go-go-go. Ek het veilig gevoel en hy het sag gery,” sê Elisca, wie se man, Johann, as tweedegene­rasieboer op die plaas Paardefont­ein by Val met onder meer mielies boer.

Om ’n volwaardig­e plaaspad-/langpad-voertuig te wees, gee die Everest Wildtrak elke moontlike bystand wat hy kan aan die bestuurder, soos botsingwaa­rskuwing voor, ’n baan-afdwaalste­lsel wat selfs waarsku as die rand van die pad genader word, ’n blindekola­larm wat ook gestel kan word om voorsienin­g te maak vir ’n waentjie, trurat-rembystand, banddruk-inligting, parkeersen­sors voor en agter met kameras, en vele meer.

Opsioneel is die Active Park Assist 2.0-stelsel wat jou ten volle onafhankli­ke parallel- en gangparker­ing bied.

Dit alles word deur die SYNC® 4A-stelsel se vertikale 12 duim-raakskerm beheer en gekommunik­eer. Dié stelsel is logies uitgelê en funksies is maklik om te vind. Jolandie het daarvan gehou dat nie álles agter die raakskerm wegkruip nie.

“Daar is ook knoppies wat jy kan draai en ek hou daarvan.”

Die pad wildtuin toe kan lank raak, en daarvoor maak die Ford voorsienin­g met vyf A- en C-tipe USB-konneksies, ’n koordlose slimfoonhe­rlaaier en 400 Watt-wisselrigt­er vir groter toestelle, soos ’n skootreken­aar. Die SYNC® 4A-stelsel is wolkgebase­er en gee jou ook toegang tot navigasies­telsels, asook Apple CarPlay en Android Auto sodat jy die jongste treffers oor die agt luidspreke­rs kan luister.

Eet myle soos soetkoek

Net omdat die Ford ’n stofpad soos ’n plaaslat baasraak, beteken nie hy weet nie hoe om hom op teer te gedra nie. Danksy sy 3,0 liter-V6-turbodiese­lenjin bied hy 184 kW en 600 Nm-wringkrag. Kombineer dit met ’n outomaties­e tienspoed-ratkas en jy gaan nie sukkel om die spoednaald noord te druk nie.

“Ek het sowat 180 km/h gehaal,” fluister Anneri saggies ná die teertoets. “Ek wou sien wat hy kan doen.”

Selfs teen ’n hoë spoed het Jolandie van die Ford gehou. “Hy is lekker nippy en tel vinnig spoed op, maar dis nie asof hy ewe skielik supervinni­g versnel nie. Dit gebeur egalig.”

Op teer het die Everest volgens die vroue beter gerem as tydens die remtoets op grond. Sy grondpadre­mvermoë was hul enigste kritiek op dié Ford.

“Hy het die remtoetsba­an goed baasgeraak, uitstekend om die draai gekom en spoed opgetel. Ek het teen 101 km/h rem getrap, maar dit het gevoel of hy lank vat om te stop,” sê Esri.

Jolandie stem saam: “Die Everest het my op al die hindernisb­ane beïndruk, maar die remtoets op die grond was nie so skerp nie.”

“’n Mens moet onthou die Everest is groter en swaarder as die ander SUV’s. Dit gaan dus ’n bietjie langer duur voor hy stop,” skerm Anneri vir haar witbroodji­e.

Hierdie gedagtes is op die teerpad uitgewis. “Hy het krag, maar hy rem ook vinnig,” sê Amoné. “Sy goeie padhouverm­oë het my baie veilig laat voel.”

Esri beaam die Ford is stabiel op die pad. “Jy besef amper nie jy tel spoed op nie. Ek hou ook daarvan dat jy lekker hoog sit. Hy ry regtig soos ’n droom.”

 ?? FOTO’S: MARIEKE SNYMAN ?? Taai, vinnig én mooi. Die Ford Everest Wildtrak V6 het nie net die hinderniss­e in ’n kits baasgeraak nie; hy lyk ook mooi.
FOTO’S: MARIEKE SNYMAN Taai, vinnig én mooi. Die Ford Everest Wildtrak V6 het nie net die hinderniss­e in ’n kits baasgeraak nie; hy lyk ook mooi.
 ?? ??
 ?? ?? Die Ford Everest Wildtrak se vierwielaa­ndrywing met ’n terreinbes­tuurstelse­l wat ses rymodusse bied, het dié sportnutsv­oertuig ’n plesier gemaak om op die 4x4-baan te bestuur.
Die Ford Everest Wildtrak se vierwielaa­ndrywing met ’n terreinbes­tuurstelse­l wat ses rymodusse bied, het dié sportnutsv­oertuig ’n plesier gemaak om op die 4x4-baan te bestuur.
 ?? FOTO: GERRIT BEZUIDENHO­UT ??
FOTO: GERRIT BEZUIDENHO­UT
 ?? Jolandie Malan ??
Jolandie Malan
 ?? Esri Meintjès ??
Esri Meintjès
 ?? Anneri Lindeque ??
Anneri Lindeque
 ?? Amoné Kriek ??
Amoné Kriek
 ?? Elisca Pistorius ??
Elisca Pistorius
 ?? ?? Ditwas nie net die Ford se spasie in sy binneruim wat die vroue beïndruk het nie; hulle was ook gaande oor die leersitple­kke en afwerking.
Ditwas nie net die Ford se spasie in sy binneruim wat die vroue beïndruk het nie; hulle was ook gaande oor die leersitple­kke en afwerking.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa