Erdwurms toe nie alfa en omega van gesonde grond
Erdwurms se tonnelaksies het ’n gunstige uitwerking op grondstruktuur. Onlangse navorsing wys egter dat erdwurms nie as bio-indikator van grondgesondheid in ’n bewaringslandbou-opset beskou kan word nie. Die uitheemse erdwurms wat in die Wes-Kaap wemel, is eerder die gevolg daarvan dat hulle aangepas is om in versteurde grond voor te kom.
Erdwurms is volop in die grond en dra 40% tot 90% by tot die biomassa van makro-organismes, asook 8% tot die totale biomassa van alle grondorganismes. In die grond in Suid-Afrika is daar tot dusver meer as 300 spesies wat aan tien families behoort, geïdentifiseer.
Die rol wat erdwurms in grondvrugbaarheid speel, is reeds in 1881 deur Charles Darwin, Britse natuurkundige bekend om sy bydraes tot die evolusieleer, erken. In sy boek The earth moved: On the remarkable achievements of earthworms verwys Darwin na erdwurms as die natuur se ploeg, aangesien hulle grond bewoon en bewerk het lank voor die gebruik van werktuie.
Die belangrikheid van erdwurms in grondgesondheid is te danke aan die verskeidenheid ekostelseldienste wat hulle lewer. In baie gevalle word hulle geassosieer met gesonde grond.
Die grawe-aksies van erdwurms kan ’n invloed op die struktuur van die grond hê deurdat dit ontbinding en humusformasie verbeter. Hierdie aksies beïnvloed ook grondwaterregulering deur die vorming van makroporieë wat toelaat dat water deur die grondprofiel kan beweeg. Erdwurms speel ook ’n belangrike rol in die afbreek van organiese materiaal en kan dus bydra tot die sirkulering van voedingstowwe in die grond.
Waar lê die verband?
Dit het ’n gewoonte geword om half