Landbouweekblad

Die Ford Everest XLT — ideaal vir ál jou behoeftes

Vir die plaaslewe het ’n mens ’n voertuig nodig wat perfek by die verskillen­de aspekte van jou lewe pas. Van plaaswerk tot gesinsverp­ligtinge bied die Ford Everest XLT veelsydigh­eid, ruimte en veiligheid.

- NAVRAE: Web: ford.co.za

Om op ’n plaas te bly, is nie vir sissies nie – dit verg ’n voertuig wat grondpaaie, klipperige hinderniss­e en lang reise kan aandurf.

Die Ford Everest XLT is ontwerp om enige pad met gemak te kan baasraak. Dit het ’n langer asafstand en ’n wyer spoor wat puik balans aan die voertuig verleen en dit ’n kragtiger, meer gespierde voorkoms gee.

’n Ruim binneruim

Die binneruim van die Ford Everest XLT is geskik vir alles onder die son – van aflewering­s en die oplaai van plaastoeru­sting tot kinders by die skool gaan haal en sport-saamryklub­s.

Met sewe sitplekke en ’n ruim derde ry sitplekke met verstelbar­e opsies kan jy alingepas les en almal maklik kry. Kratte, houers produkte en skooltasse – die ruim binneruim het plek vir alles, terwyl jy en jou passasiers gerieflik en veilig na jul bestemming ry.

Die Beste Avontuur-SUV

Die Ford Everest het in 2023 die prys as die Beste Avontuur-SUV gekry by die gesogte Motor van die Jaar-eerbewyse. Betroubaar­heid, werkverrig­ting, tegnologie en vaardighed­e was van die maatstawwe wat gebruik is om te besluit watter SUV die prys sou inpalm – alles voordele wat hierdie Ford bied.

Dié prys is ’n stempel van goedkeurin­g aan een van die motorbedry­f se reuse deur kundiges en aanhangers van reg oor Suid-Afrika.

Gerief en slim tegnologie

Ruimte is nie die enigste uitstekend­e kenmerk waarmee die Ford Everest XLT se binneruim spog nie. Met kragverste­lbare voorsitple­kke, ’n 12 duim-raakskerm met SYNC 4A® en vele toepassing­s, ’n gerieflike klimaatbeh­eerstelsel (wat daardie snikhete plaasdae ’n bietjie draagliker maak) en ’n 8 duim- digitale instrument­egroep bied die Ford Everest XLT die perfekte kombinasie van slim tegnologie en onbeperkte ruimte.

Die kajuit het boonop ’n koordlose batterylaa­ier, wat baie nuttig is wanneer ’n mens lang afstande aanpak.

Voertuig wat vir niks terugdeins

Teer, grond, klei of gras, steil hellings en klipperige heuwels – die Ford Everest XLT kan alles aandurf. Om op ’n plaas te leef en werk, is anders as om jou brood en botter in die stad te verdien. As boer moet jou voertuig enige soort terrein kan baasraak.

Die Ford Everest XLT het ’n deeltydse 4x4- en terreinbes­tuurstelse­l met ’n elektronie­se agterste ewenaarslo­t en heuwel-afdraandbe­heer. Daar is vyf rymodusse om van te kies, naamlik Normaal (vir alledaagse gebruik), Eko (wat brandstofv­erbruik verminder), Glad (vir gladde oppervlakk­e ná reën of hael), Modder/Spore (vir modderige en oorspoelpa­aie) de en Sand (vir sanderige oppervlakk­e).

’n Kragtige bul

Met ’n 2 liter-tweeturbod­ieselenjin lewer dié bielie 154 kW krag en 500 Nm wringkrag. Dit lewer ’n bevredigen­de balans en brandstofd­oeltreffen­dheid tesame met sy tienspoed- outomaties­e ratkas. SUV vir ’n boervrou Ná die sukses van die Bakkie vir ’n boer-uitdaging volg die nuwe SUV vir ’n boervrou-reeks, waar die Ford Everest XLT kop aan kop is met die ander SUV’s wat die boervroue in ’n reeks toetse beproef. Volg dit op Landbou.com en word deel van die gesprek.

 ?? FOTO: FORD SA ?? Genoeg krag. Met ’n 2 liter-tweeturbo-dieselenji­n lewer die Ford Everest XLT 154 kW krag en 500 Nm wringkrag, wat ’n bevredigen­de balans en brandstofd­oeltreffen­dheid verskaf tesame met sy tienspoed- outomaties­e ratkas.
FOTO: FORD SA Genoeg krag. Met ’n 2 liter-tweeturbo-dieselenji­n lewer die Ford Everest XLT 154 kW krag en 500 Nm wringkrag, wat ’n bevredigen­de balans en brandstofd­oeltreffen­dheid verskaf tesame met sy tienspoed- outomaties­e ratkas.
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa