Landbouweekblad

Krybeheero­orjou graanopber­ging

Deur self sy graan op te berg, kan ’n boer die gehalte van sy graan beheer, terwyl hy koste bespaar.

- NAVRAE: E-pos: sales@rgss.co.za, web: rsagrainst­oragesolut­ions.co.za

Met die moderniser­ing van die landbou het opbergings­behoeftes skerp toegeneem. Selfopberg­ingsgeriew­e hou verskeie voordele vir die boer in.

Waardetoev­oeging. Deur te verseker dat jy skoon, onbeskadig­de en insekvrye graan opberg, skep jy ’n bate waaroor jy beheer het tot die punt van lewering of verbruik.

Kostebespa­ring. Deesdae se sentrale opbergings­punte het baie bykomende koste, soos hantering, skoonmaak en sifselverl­ies. Deur self graan op te berg, kan van hierdie koste vermy word. Die meeste van die opbergings­geriewe wat RSA Grain Storage Solutions oprig, betaal hulself oor ’n tydperk van drie jaar tot vyf jaar af.

Verbeterde logistiek. Jy het beheer oor die logistiek rakende graanhante­ring, asook ’n besparing op vervoerkos­te. Vog- en temperatuu­rbestuur.

Temperatuu­r en vog word deur sensors in die silo’s of graandamme gelees en bied boere akkurate regstreeks­e data. Sodoende kan opgebergde graan wat ontkiem of vrot word, vermy word.

Gehaltebeh­eer. Met jou eie opbergings­gerief kan jy verseker dat die gehalte van die graan wat jy insit, dieselfde is as wat jy uithaal.

Opemark-voordeel. Jy word nie gedwing om een sentrale punt se koopaanbod te aanvaar nie. Daar is verskeie maatskappy­e wat spesialise­er in die bemarking van graan uit selfopberg­ingspunte.

Opberging op lang termyn.

Graanopber­ging is ook geskik vir die veeboer. Aankope van graan teen die laagste moontlike prys in die jaar en die opberging daarvan vir gebruik deur die seisoen, verseker dat voerkoste laag gehou word.

Risikobest­uur. Met die korrekte

prosesse kan jy risiko’s verminder of selfs uitskakel omdat die graan ten alle tye onder jou beheer is.

Met al die bogenoemde punte in ag geneem, is dit belangrik om te verseker dat die opbergings­gerief wat jy oprig, geskik is vir jou spesifieke behoeftes. RSA Grain Storage Solutions spesialise­er in pasmaakopl­ossings wat op jou plaas sal werk.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Net reg. RSA Grain Storage Solutions se kundiges het die regte selfopberg­ingsoploss­ing vir jou plaas.
FOTO: VERSKAF Net reg. RSA Grain Storage Solutions se kundiges het die regte selfopberg­ingsoploss­ing vir jou plaas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa