’n Bul van ’n trekker
Die 6030 was vir Deere & Co. só ’n besonderse trekker dat die heel laaste een wat in Junie 1977 vervaardig is, dadelik in die maatskappy se museum opgeneem is.
MetdieJohnDeereR (47 perdekrag; 1949-1954) stewig op die mark vir daardie jare se groot trekkers, het Deere & Co. se ingenieurs in die 1950’s onder mekaar gedebatteer of ’n groter trekker moontlik is.
’n Paar van die ander grotes op die Amerikaanse mark was die Case LA, die Massey-Harris 55D en die McCormick WD 9. Al hierdie trekkers se lewering was minder as 50 perdekrag, en hulle is ook in Suid-Afrika verkoop.
Deere & Co. het toe by John Deere-handelaars in Amerika verneem dat veral kleingraanboere belang stel in ’n sterker trekker, want hulle wou meer produseer en daarom groter werktuie gebruik. Om te sien wat gebeur as die krag aanmerklik opgestoot word, het hulle toe ’n 108-perdekragenjin van General Motors in ’n Case LA gesit, die grootste beskikbare wiele en bande opgesit en dit getoets.
Dié “Case” met sy groot krag en wiele het ’n reusesukses geblyk te wees. Toe het hulle geweet watter koers om in te slaan.
Die R se opvolgers, die 80 en die 820, en later die grotes van die nuwe generasie van vier- en sessilinder-John Deeres, die 5010 en 5020, het elke keer opmerklik meer krag as hul voorgangers gelewer. In die tien jaar vandat die 80 op diemarkgekomhettotdiebekendstelling van die 5020 met sy 133 perdekrag, het die kraglewering van die grootste John Deeres meer as verdubbel.
Toe die 5010 ontwerp is, is daar selfs met bandemaatskappye se ingenieurs saamgewerk om geskikte bande vir die nuwe groot trekkers beskikbaar te hê.
Hier kom ’n bielie
Teen die 1970’s het Deere & Co. se ingenieurs en boontjietellers goed geweet dit sou nie ’n waagstuk wees om ’n baie groot trekker op die mark te kry nie. Maar om die 6030, die
grootste en laaste van die nuwe generasie, saam met die grootste van die tweede generasie in die vertoonsale staan te maak, sou dalk nié so ’n goeie idee wees nie. Hulle het egter geweet die saaiboere soek brute krag, en dit sou die 6030 lewer.
In 1972 het Amerikaanse saaiboere toe gekry wat hulle gesoek het – ’n trekker waar ’n hoë grondspoed vir vinnige bewerking met groot en swaar gereedskap vereis word. Hoewel vierwielaangedrewe knakkers in daardie stadium algemeen beskikbaar was, het sommige boere nog aan die ouskool-krag bly glo.
Die 6030 was die sterkste tweewielaangedrewe trekker van daardie jare. Die geadverteerde 175 perdekrag is verkry met ’n turbo-aanjaer met tussenverkoeler op die 8,7 liter-sessilinderenjin.
Deere & Co. se mense het geweet dat die 175 perdekrag eintlik die minimum was wat die enjin gelewer het, en dat die trekkrag eerder met ’n 200 perdekrag-enjin vergelyk kan word, veral as die reeds swaar trekker met die regte wielgewigte gelaai word.
Bykomend tot die allemintige trekkrag op die trekstang het die koper die volgende gekry: ’n 1 000 r/min.-kragaftakker, dubbele hegpunte vir die hidrouliese stelsel, ’n ewenaarslot en driepuntkoppeling wanneer benodig.
Maar al die voordele kom teen ’n prys, want wanneer die