Landbouweekblad

Nuwe differensi­aal vir sojabone tree in werking

- tinyurl.com/49rpy3p2.

VIR gewasboere wat reeds jare lank ongelukkig is met die bestaande liggingsdi­fferensiaa­l, het ’n nuwe era op 1 Maart aangebreek. ’n Nuwe differensi­aal wat op meer realisties­e vervoerkos­te gegrond is, word vir die volgende drie jaar op sojabone getoets.

Die nuwe model is gegrond op vraag en aanbod gegewe die ligging, en neem alle punte van verwerking en produksie in ag, asook die impak wat dit op die differensi­aal van elke geregistre­erde leweringsp­unt sal hê.

Die navorsing vir die nuwe model is vir die Johannesbu­rgse Effektebeu­rs (JSE) gedoen deur dr. Johann Strauss van die departemen­t van landboueko­nomie aan die Universite­it van die Vrystaat.

Dit maak voorsienin­g vir 10 verwysingp­unte, wat bestaande verwerking­saanlegte is (sien die kaart hiernaas), en 204 leweringsp­unte.

Die differensi­ale wissel van R0/ton op onder meer Brits, Bronkhorst­spruit en Delmas tot R339/ton by Petrusburg in die Vrystaat. Die differensi­ale vir die seisoen is gegrond op data van 2023.

Met die begin van die termynmark­te in 1995 is Randfontei­n as verwysings­punt gekies omdat daar ’n groot konsentras­ie meulens was wat goed verbind was met silo’s reg oor die land deur middel van spoorlyne en paaie. Dié situasie het egter sedertdien aansienlik verander.

Daar is reeds verlede jaar begin met termynkont­rakte vir die bemarkings­eisoen wat nou begin, en aan die einde

Ander gewasse?

van die seisoen sal die JSE met belanghebb­endes in die bedryf vergader om die sukses van die proeflopie te bepaal.

Ná twee jaar sal besluit word of daar met die nuwe differensi­aal voortgegaa­n gaan word, maar omdat die proses ’n jaar vooruit werk, sal die toetslopie drie jaar duur.

Dr. Dirk Strydom, hoof van bemarking, Nampo en navorsings­koördineri­ng by Graan SA, sê die kriteria vir sukses wat deur die JSE neergelê is, is die mate waartoe gewillige verkopers en kopers mekaar met die nuwe konsep gaan vind en

hoe doeltreffe­nd die mark gaan funksionee­r.

“Ons het reeds gesien die eerste deel werk taamlik goed. Dit is die termynkont­rakte vooruit en die belangstel­ling lyk goed. Trouens, dit is hoër as ander jare. Selfs al neem ons die groter oes in ag en werk ’n persentasi­e uit, is dit hoër as in ander jare.

“Die groot toets is nou hoe dit op die fisieke mark gaan werk. Dit word vir die twee jaar getoets en as almal in die bedryf daarmee gemaklik is, sal ons die model op ander gewasse ook kan toepas.”

Hy sê die nuwe bestel sal boere ’n regverdige­r eerste punt van onderhande­ling gee, en boere prysgewys dus in ’n beter posisie plaas.

Sien al 204 leweringsp­unte en elkeen se differensi­aal by

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa