Landbouweekblad

Identifise­er grasse met nuwe toepassing

-

Daar word dikwels gesê dat die veeboer eintlik ’n grasboer is en dat sy vee net die “fabriek” is wat die gras verwerk en omskakel na die verkoopbar­e produk – die diere wat aanteel.

’n Nuwe slimtoepas­sing vir mobiele toestelle, GrassPro Southern Africa, is onlangs deur die weidingsku­ndige Frits van Oudtshoorn en SmartSearc­h Apps bekend gestel om die boer te help om grasse te identifise­er. Dit verskaf ’n magdom ekologiese en anderland bou-inligting, foto’ sen verspreidi­ngskaart e van elke spesie. Die toepassing­s luit verder G PS-funksional­iteit i nom slegs die gras spesies wa top j ouplaas voorkom, aan te dui.

Frits sê die boer boer eintlik met die goeie, smaaklike weigrasse wat die voedingsto­wwe bevat wat nodig is vir groei en verbeterin­g van liggaamsko­ndisie. Hulle word spesifiek deur die dier gekies en meer as ander grasse bewei. Om dieselfde rede vestig die boer dikwels sulke grasse as aangeplant­e weiding. In die moderne era van kommersiël­e boerdery raak dit ál belangrike­r vir die boer om die algemene grasse op sy plaas te kan identifise­er. Hierdie kennis kan hom help om veranderin­gs in veldtoesta­nd en drakrag visueel te monitor en vroegtydig aanpassing­s te maak.

Gras identifika­sie is maklik met die bekroonde Smart Se a r c h sagteware. Altesaam 360 gras spesies in Suider-Afrika word ingesluit. Drie tot tien hoëgehalte­foto’s van elke spesie word verskaf. GrassPro is beskikbaar in ’n gratis evaluasie weergawe van 50 spesies. Die volledige weergawe met 360 spesies word teen R199,99 per jaar verskaf. Die eerste aflaai sluit die evaluasie weergawe in, waarna jy kan opgradeer.

Dit is beskikbaar op Google Play en Apple se AppStore.

PRYS: R199,99 per jaar.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa