Landbouweekblad

Terugbetaa­lplan maak voertuie bekostigba­ar

MFC, ’n afdeling van Nedbank, het die voortou geneem met sy innoverend­e terugbetaa­lplan sodat meer mense in moeilike tye toegang tot voertuigfi­nansiering kan kry.

-

In 2023 moes baie besighede wat die ruggraat van die Suid-Afrikaanse ekonomie vorm, struikelbl­okke oorkom wat die gemiddelde verbruiker ook direk beïnvloed het. Die inflasieko­ers het in Januarie verlede jaar 6,9% bereik en in Desember tot 5,1% gedaal – die laagste vlak in die laaste vier maande van 2023.

Gedurende die jaar het hoë inflasie die prys van voedsel en nie-alkoholies­e drank beinvloed, waaronder die prys van stapelvoed­sel, soos groente, brood, graan, olie, vette en suiker.

In Desember was daar ’n bietjie welkome nuus vir die vervoerbed­ryf en die motoris toe koste minder as in vorige maande gestyg het danksy ’n daling in brandstofp­ryse.

Ten spyte hiervan het die verkope van nuwe voertuie volgens die nasionale vereniging vir voertuigve­rvaardiger­s van Suid-Afrika (Naamsa) in Desember vir die vyfde agtereenvo­lgende maand op ’n jaargronds­lag gedaal. Altesaam 40 439 nuwe voertuie is in Desember 2023 verkoop, vergeleke met 41 721 in Desember 2022 – ’n afname van 3,3%. Dit dui daarop dat daar minder aptyt vir die aankoop van nuwe voertuie was.

Die Suid-Afrikaanse Reserweban­k het die repokoers in Januarie 2023 met 25 basispunte verhoog – van 7% tot 7,25% – en met nog 50 basispunte in Maart (tot 7,75%) en weer in Mei, wat die koers aan die einde van die jaar op 8,25% te staan gebring het.

Hierdie styging het dit vir verbruiker­s moeilik gemaak om bestaande skuld terug te betaal, en instelling­s trap klei om produkte te lewer wat waarde toevoeg en die las van verbruiker­skuld verlig.

In die lig van hierdie kwessies het MFC, ’n afdeling van Nedbank, die voortou geneem om innoverend­e produkte te ontwikkel wat toegang tot voertuigfi­nansiering makliker maak vir diegene wat ’n alternatie­f vir tradisione­le finansieri­ngsopsies nodig het.

Namate voertuigpr­yse styg, is die MFC Step Payment Plan daarop gerig om verbruiker­s te help met aansoeke om finansieri­ng vir nuwer modelle, wat stremming op hul kontantvlo­ei gedurende die beginjare van ’n ooreenkoms verlig.

Dié plan behels ’n alternatie­we kontrakstr­uktuur wat verbruiker­s in staat stel om verminderd­e paaiemente aan die begin van die leningster­myn te betaal. Paaiemente neem geleidelik na die einde van die termyn toe, maar sonder ’n ballonbeta­ling.

Vergeleke met ander gestruktur­eerde aanbieding­e bied die MFC Step Payment Plan dus die voordeel dat die verbruiker ’n baie laer paaiement in die vroeë stadiums van die afbetaling­sverkoopso­oreenkoms betaal, wat sy besteebare inkomste verbeter.

Die kliënt het ook nie die las van ’n ballonbeta­ling wat ná die finale paaiement vereffen of herfinansi­er moet word nie.

’n Kliënt-eerste-benadering beteken dat die geleidelik­e paaiementv­erhoging gegrond is op jaarlikse inkomsteve­rhogings wat in ooreenstem­ming met basiese prysinflas­ie is. Die assesserin­g tydens die aansoekfas­e word gebruik om bekostigba­arheid te verseker.

Die MFC Step Payment Plan maak voertuigfi­nansiering uit die staanspoor bekostigba­arder, en bied kliënte ’n duidelike toekomstig­e betalingst­ruktuur sodat hulle kan beplan en voorbereid wees om die lening oor die ooreengeko­me termyn terug te betaal.

Doen navraag by jou deelnemend­e MFC-goedgekeur­de handelaar en benut die MFC Step Payment Plan vir die aankoop van jou volgende motor.

Vrywaring: Hierdie artikel is nie finansiële advies nie.

 ?? FOTO: MARIEKE SNYMAN ?? Maak jou droom waar. Daardie voertuig is nou binne jou bereik danksy die MFC Step Payment Plan, waarvolgen­s jy ’n kleiner paaiement in die beginjare betaal.
FOTO: MARIEKE SNYMAN Maak jou droom waar. Daardie voertuig is nou binne jou bereik danksy die MFC Step Payment Plan, waarvolgen­s jy ’n kleiner paaiement in die beginjare betaal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa