Landbouweekblad

Die waarheid omtrent die Waarheid

- DS. KOBUS VAN DER WESTHUYZEN

In ’n vorige rubriek het ons die vraag probeer beantwoord: Wat beteken dit om in die waarheid te leef? Om reg te leef, moet ’n mens minstens drie dinge in berekening bring, naamlik reg dink, reg besluit en reg doen. Só kan jy die heiligheid van die waarheid beskerm.

Dit is by hierdie punt waar ons verder moet gesels oor: Wat is die waarheid omtrent die waarheid? Veronderst­el hierdie vraag die moontlikhe­id dat daar ook leuens oor die waarheid kan wees? Ja, inderdaad is dit so. Die wêreldgesk­iedenis is deurspek met leuens op leuens op leuens. Verbaas dit ons dan nog dat dinge só aaklig skeef geloop het?

Ons het reeds daarop gewys dat God self die volledige en suiwere openbaring van die waarheid is – trouens, Hy ís immers die Waarheid – en dit is presies waar ons vir God ontmoet.

Jou keuse tussen reg of verkeerd is ten diepste ’n keuse vir of teen God. Dit is in dié verband dat Paulus aan die Efesiërs skryf: “Vra julle voortduren­d af of iets vir die Here aanneemlik is” (Ef. 5:10).

As jy dus ’n regmerkie van God wil kry, is dit – en niks minder as dit nie – die meetinstru­ment wat jy moet gebruik: Wat dink God hiervan? Dít is die waarheid omtrent die waarheid.

Toets jou siening aan die volgende voorbeeld: Jy mislei ’n voornemend­e moordenaar deur vals inligting aan hom te gee en só ’n moontlike moord te verhoed. Was jy ’n leuenaar of het jy God gehoorsaam? En as jy God gehoorsaam het, het jy dan die waarheid verkrag? Gewis nie.

Om in die waarheid te leef, beteken dat jy gelei word deur die Gees van God om te doen wat God sou gedoen het as Hy in jou plek was.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa