Landbouweekblad

8 redes vir sukses

-

Hou van jou werk. “As jy ’n suksesvoll­e loopbaan wil hê, moet jy hou van wat jy doen. My stokperdji­e is my werk en my werk is my stokperdji­e.”

Korrel reg. Micky meen hy het sy oupa en sy pa se “goeie oog” geërf. “Dit gee my die vermoë om instinktie­f tussen ’n goeie en slegte skaap te kan onderskei.”

Selekteer streng. Hy het ’n lys ekonomiese eienskappe waarvoor hy streng selekteer. Creeping bellies (penswol groei in die wolarea van die skaap se vag op en maak die wolvag kleiner) en te veel plooie, wat volgens Micky minder melk in ’n ooi en swakker lammers teweegbrin­g, is faktore waarop hy let.

Goeie teelmateri­aal. Identifise­er ’n ramteler wat by jou teeldoelwi­tte inpas en stap ’n pad saam. In Micky se geval is dit die Fairworld-stoetery wat al 111 jaar bestaan. “Te veel boere spring ongeduldig van teler na teler en bereik nooit die gewenste resultate nie. Mikrontoet­sing raak oorbodig as jy by dieselfde teler jou ramme koop aangesien jou skeersel van nature eenvormig sal wees.”

Gehalte die wagwoord. Micky streef na gehalte in alles wat hy doen. ’n Boer moet altyd bereid wees om ’n produk van hoogstaand­e gehalte te kan lewer.

Stel doelwitte. Om met skape te boer, is moeilik, want daar is baie faktore wat ’n rol speel in goeie seleksie. Daarom moet jy uit die staanspoor doelwitte vir jou besigheid stel en dit voortduren­d voor oë hou, veral as tye taai raak.

Bou vertrouens­verhouding­s. Bou verhouding­s met kundiges wat jou doelwitte verstaan en na wie se raad jy kan luister. Micky het deur die jare betekenisv­olle vriendskap­pe gesmee wat gegrond is op wedersydse respek en vertroue.

Geanker in geloof. Vra ’n mens wat hom staande laat bly in moeilike tye, sê Micky dat hy ’n balans probeer handhaaf en aan sy geloof vashou. “Dit laat my geanker voel en gee my hoop in moeilike tye.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa