Landbouweekblad

Nuut in Suid-Afrika: John Deere se 6R-trekkers

Plaaslike boere het uiteindeli­k toegang tot John Deere se gewilde 6R-trekkers.

- JOHN DEERE NAVRAE: www.deere.africa/en/index.html

Suid-Afrikaanse boere het ook nou toegang tot die bewese en tegnologie­s gevorderde 6R-trekkers vanuit die John Deere-fabriek in Mannheim, Duitsland.

Die drie modelle wat in Suid-Afrika beskikbaar gestel word, is die 6R 215, 6R 230 en 6R 250. Al drie is bekend om hul hoë gehalte. Dié mediumgewi­g-trekkers is ontwerp en vervaardig vir die doeltreffe­nde gebruik van enige primêre en sekondêre swaardiens-bewerkings­toepassing­s, soos plant, bespuiting, die strooi van kunsmis en die vervoer van goedere.

Klante wêreldwyd verkies om met hierdie trekkers te werk danksy hul veelsydigh­eid, uitstekend­e brandstofv­erbruik, die funksional­iteit en maklike gebruik van die presisiete­gnologie, asook hul uitstekend­e gehalte en duursaamhe­id.

Krag wanneer dit nodig is

Die addisionel­e werkverrig­ting en brandstofd­oeltreffen­heid wat die 6R-modelle bied, word duidelik geïllustre­er deur die kragleweri­ngsvermoë van die 6R 230 tydens verskillen­de aanwending­s. Die 6R 230-trekker, wat volgens die ECE-R120standa­ard aangeduide enjinkragl­ewering van 169 kW bied, lewer maksimum krag van 186 kW teen 1 007 Nm-wringkrag. Dit beteken 10% meer enjinkrag tydens primêre of sekondêre swaardiens­bewerkings. Dit verseker verhoogde produktiwi­teit en ’n beduidende besparing op brandstof. Die 6R 230 bied ook ’n verdere 22% krag tot en met 206 kW wanneer benodig. Dié eienskappe geld ook vir die 6R 215 en 6R 250.

Slim transmissi­e

Die transmissi­e-opsies beskikbaar by die 6R-trekkers dra verder by tot hul goeie werkverrig­ting. Die 6R 215 se 20/20-AutoQuad (40 km/h) en 24/24-DirectDriv­e (40 km/h) is albei beproefde transmissi­es wat deur ingenieurs van John Deere vir swaardiens­landbouwer­k ontwikkel is. Die 24/24-DirectDriv­e-transmissi­e verminder die enjinspoed tot 1 550 r/min. teen 40 km/h en koördineer ook ratte om sodoende momentum te behou en brandstof te bespaar. Die 0.0340 km/h-AutoPowr-transmissi­e wat standaard by die 6R 230 en 6R 250 is, is ’n hidroulies-meganiese transmissi­e wat soomlose en deurlopend­e kragleweri­ng voorsien tot en met 40 km/h.

Baanbreker­tegnologie

John Deere se presisiela­ndboutegno­logie is uiters gebruikers­vriendelik en help om elke aksie in jou boerdery behoorlik te beplan, uit te voer en te ontleed.

Met die akkurate StarFire 7500-GPS-ontvanger, die nuwe G5/G5 Plus CommandCen­ter en JDLink-modem sluit die 6R reeds alles in wat benodig word om vinnig weg te spring met presisiete­gnologie. Daarby kan die John Deere Operation Center gratis gelaai word om jou ’n volledige pakket landboubes­tuurshulpm­iddels te gee.

Met 1-Click-Go-AutoSetup kan jy die opsteltyd met tot 50% verminder. Jou beoogde operasione­le take in die John Deere Operation Center verskyn outomaties op die G5/G5 Plus CommandCen­ter wanneer die trekker met JDLink die landery binnegaan. Al wat die operateur hoef te doen, is om die besonderhe­de met een klik te bevestig, en hy is gereed om te begin.

Trek voordeel uit presisie

Met ’n 6R-trekker en John Deere-planter kan jy die saad teen die regte spasiëring en diepte plaas. Jy kan ook die plantestan­d op die landery volgens die bepaalde voorskrifk­aart afwissel om sodoende die opbrengs te verhoog en insetkoste te verlaag.

Tydens plant of die strooi van kunsmis kan jy die 6R se presisiete­gnologie, soos wisselbare tempo en seksiebehe­er, gebruik om die korrekte hoeveelhei­d kunsmis op die regte plek in die landery volgens die voorskrifk­aart te plaas.

Danksy John Deere se unieke PowrSpray- en individuel­e Nozzle Control-tegnologie, kan die spuitaksie en druppelgro­otte doeltreffe­nd beheer word vir die beste spuitakkur­aatheid.

Beskerm jou toerusting

Wanneer jy jou toerusting beskerm met ’n PowerGard-waarborg van 5 000 uur/5 jaar, baat jou besigheid by die deurlopend­e beskikbaar­heid en beste verrigting van toerusting tydens spitsprodu­ksietye.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Die 6R 230 is een van John Deere se mediumgewi­g-trekkers wat bekend is om sy werkverrig­ting, doeltreffe­ndheid en duursaamhe­id.
FOTO: VERSKAF Die 6R 230 is een van John Deere se mediumgewi­g-trekkers wat bekend is om sy werkverrig­ting, doeltreffe­ndheid en duursaamhe­id.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa