Landbouweekblad

Gehalte en ontwerp gee die deurslag

Geen kortpaaie word gevat met die bou van Elko Implemente se werktuie nie. Dus is dit nie ’n verrassing nie dat die werktuie bekend is onder boere om hul gehalte en duursaamhe­id.

-

Dit is glad nie moeilik om Elko Implemente se aanleg op Hoopstad te vind nie. Voor die gebou pryk ’n reeks heldergroe­n landbouwer­ktuie wat die aandag trek. Selfs met die eerste oogopslag sien ’n mens die innovering en gehalte raak wat hierdie ondernemin­g gevestig het as ’n staatmaker Suid-Afrikaanse verskaffer van landbouwer­ktuie.

Arno Pienaar, die eienaar van Elko, is ’n boer van die distrik met ’n passie vir staalwerk. “Dit maak my opgewonde om ’n vragmotor hier te sien intrek met ’n hoop staal en twee of drie weke later sien ek daardie staal uitbeweeg as produkte wat ons vervaardig het.”

Dit is egter die gespesiali­seerde en uiters presiese werk wat tussen dié twee gebeurteni­sse geskied wat Elko Implemente se werktuie só gesog maak dat dit ’n premie op veilings van tweedehand­se landbouwer­ktuie behaal. Die ondernemin­g ontvang bestelling­s van oor die hele Suid-Afrika en selfs Botswana, maar baie van sy plaaslike klante stap ook elke dag by die winkel in, al is dit net om raad te vra.

“Omdat ek self boer, sien ek waarmee ’n boer sukkel. Ons probeer werktuie ontwerp om dinge vir boere makliker te maak. As ons ’n boer diesel of onderhoud kan bespaar op die werktuie wat ons verskaf, dan doen ons dit.”

Gehalte is die hoeksteen waarop alles in dié maatskappy gebou word, verduideli­k Ben van der Walt, wat al 14 jaar lank bestuurder van Elko is.

“Ons kies geen kortpaaie nie. Dit is waarom ons klante aanhou terugkom.”

Die werktuie word gebou van die beste eerstegraa­dse staal wat Elko in die hande kan kry. Die snywerk word deur ’n ingevoerde lasermasji­en gedoen wat gekalibree­r is om tot 0,01 mm akkuraat te sny. Die draaibanke doen ook alle masjinerin­g per rekenaar. Alles word eers klaar gesny voor dit aanmekaar gesit word, wat baie tyd bespaar.

Ontwerpe word met behulp van CAD-sagteware gedoen deur Francois van Zyl, Elko Implemente se ingenieur.

“Voor ons ’n werktuig op die vloer bou, bou ons hom digitaal. Deur die jongste rekenaarte­gnologie in te span, weet jy presies wat jy bou, wat dit gaan behels en of dit gaan werk.”

Elko Implemente se vermoë om van meet af aan reg te ontwerp, is wat hom telkens laat terugkeer as hy ’n werktuig soek, sê Dawie Horn, boer van Hoopstad wat sewe van dié maatskappy se produkte gebruik.

“Jy kan enige unieke aanpassing vra en hulle sal uit hul pad gaan om vir jou die beste produk te ontwerp. Jy kan ook gerus wees dat hy sal hou. Dit is maklik vir maatskappy­e om te sê hulle sal agterna iets herstel, maar as ’n werktuig nie reg ontwerp is nie, wil hy naderhand nie meer reggemaak word nie.”

Die maatskappy kan byvoorbeel­d vir ’n klant ’n werktuig ontwerp volgens die unieke rywydtes wat hy gebruik. ’n Bestaande raam kan aangepas word deur eenhede by te sit, hetsy dit nou ’n tussenrysk­offel, roller of roleg is. Maar dit is veral sy groot vlagskip-werktuie, soos sy tapkar wat 24 ton mielies kan laai of die grondboont­jie-wipwa, wat deesdae besonder gewild is.

Dit is juis die aanpassing­s wat Elko vir Suid-Afrikaanse toestande maak wat dié werktuie laat uitstaan, sê Le Roux Erasmus, boer van Hoopstad. “Die tapkar se gewig word byvoorbeel­d oor al vier wiele versprei. Hy hanteer ruwe terrein baie goed. My enigste probleem is dat ek net een nuwe Elko-tapkar het – nie twee nie.”

NAVRAE: 053 444 2160, web: elkoimplem­ents.co.za

 ?? FOTO: VIDA BOOYSEN ?? Perfek vir Suid-Afrika. Elko Implemente op Hoopstad maak landbouwer­ktuie wat doelgemaak is vir ruwe Suid-Afrikaanse toestande. Links agter is ’n tapkar wat 24 ton mielies kan laai, regs is ’n grondboont­jie-wipwa (tipper) toegerus met ’n sif om grond uit te sif, en voor is ’n opvou-nutsbalk (folding toolbar) wat na die boer se gebruiksbe­hoefte verander kan word.
FOTO: VIDA BOOYSEN Perfek vir Suid-Afrika. Elko Implemente op Hoopstad maak landbouwer­ktuie wat doelgemaak is vir ruwe Suid-Afrikaanse toestande. Links agter is ’n tapkar wat 24 ton mielies kan laai, regs is ’n grondboont­jie-wipwa (tipper) toegerus met ’n sif om grond uit te sif, en voor is ’n opvou-nutsbalk (folding toolbar) wat na die boer se gebruiksbe­hoefte verander kan word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa