Landbouweekblad

Dubbele eerbewys span die kroon

Die Elitekoei wat die Braunvieh-ras verteenwoo­rdig, N 12-0029, het twee jaar gelede ook die Elitekoei-eerbewys ontvang. Bo-aan haar CV pryk ’n voortrefli­ke tussenkalf­periode.

- NAVRAE: André Reitsma, 071 896 1466, andre.kainos@gmail.com

Vrugbaarhe­id het geen gelyke as dit by beesboerde­ry kom nie. Daarom spreek dit boekdele dat dieselfde koei uit ’n Braunvieh-stoetery vir die tweede keer in drie jaar as die ras se verteenwoo­rdiger in Landbouwee­kblad en SA Stamboek se Elitekoeik­ompetisie bekroon is.

Dié Elitekoei, N 12-0029, was ook in 2022 die rasverteen­woordiger. Sy behoort aan André en Annemarie Reitsma, eienaars van JC Braunvieh.

Sy is deur die Eduan Braunvieh-stoetery van Gawie en Willem Naudé van BarklyOos geteel. André het haar op Eduan se produksiev­eiling gekoop.

Sy is ’n baie mooi, lang koei met goeie melkeiensk­appe, ’n mooi uier en speen swaar kalwers; ’n goeie voorbeeld van ’n vroulike Braunvieh-koei.

André en Annemarie besit nie self grond nie. Die Elitekoei loop tans by Henlo Fourie by Petrus Steyn op suurveld met mielierest­e as ekstra voeding vir die koue wintermaan­de. Die grootste gedeelte van die kudde is by Klein Boetsap in die Noord-Kaap waar hulle ook met B x B-beeste (Braunvieh gekruis met Brahman) boer. Hierdie kruisings vaar baie goed in Namibië.

André het die stelsel gevolglik ook in Suid-Afrika gevestig met die doel om albei rasse se kruisvermo­ë te bevorder.

Die Reitsmas het die JC Braunvieh-stoetery in 2012 geregistre­er. “Ons het destyds diere op ’n B x B-veiling van die Aurora Braunvieh-stoetery in Namibië gekoop, en semen van Aurora Dollar en CDH Nampo van Namibië af ingevoer. CDH Nampo was die eerste Braunvieh-bul wat ’n fase C-toets in Suid-Afrika gewen het en is destyds aan Aurora Braunvieh verkoop,” sê André oor die stoetery se beginjare.

Hulle het ook saad van Silverado uit Amerika en Fieldstone Wonderbar uit Kanada ingevoer. Wonderbar se saad was nodig om kleiner kalwers, wat ’n belangrike eienskap van dié bul is, te teel. Die egpaar het toe ’n baie mooi bulkalf uit hom geteel.

Teel eie bulle

Hul kudde bestaan tans uit 45 teelkoeie en hulle het die stoetery al soveel verbeter dat hulle hul eie bulle teel. Die hoofstoetb­ul, Zapiro JC 19-18, sal tydens SA Braunvieh se nasionale veiling op 18 Julie beskikbaar wees. Hulle het ook al embrio’s gespoel om genetiese eienskappe vinniger uit te bou.

By Boetsap boer die Reitsmas net op natuurlike weiding waar die beeste goeie lekke ontvang om gebalansee­rde voeding te verseker. Die koeie word ook op die veld gedek.

Die kalwers word op die veld gespeen en dan gekeur. Die goedgekeur­de kalwers word vir twee weke gevoer sodat hulle die speenskok te bowe kan kom. Daarna gaan hulle terug veld toe waar hulle ’n produksiel­ek ontvang. Die kalwers wat afgekeur word, word verkoop.

André doen soms ook kunsmatige inseminasi­e (KI). In daardie geval sinchronis­eer hy die uitverkore koeie en dan word hulle as ’n groep geïnsemine­er.

Hy pas ’n goeie inentings- en gesondheid­sprogram toe, toets die beeste gereeld vir siektes en gebruik ’n opgietmidd­el om bosluise te bekamp.

e-pos:

 ?? FOTO’S: JC BRAUNVIEH ?? LINKS: Die Braunviehe­litekoei, N 12-0029, hier by een van haar kalwers, het goeie melkeiensk­appe en ’n mooi uier. Sy speen dus swaar kalwers.
FOTO’S: JC BRAUNVIEH LINKS: Die Braunviehe­litekoei, N 12-0029, hier by een van haar kalwers, het goeie melkeiensk­appe en ’n mooi uier. Sy speen dus swaar kalwers.
 ?? ?? André en Annemarie Reitsma
André en Annemarie Reitsma

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa