Landbouweekblad

Goeie ‘fabriek’ verseker puik nageslag

Koeie van hoë gehalte verseker uitstekend­e vroulike nageslag, en bulle van uitsonderl­ike gehalte sal outomaties hierop volg. Dié beleid van die Vryburgse stoetboer Basil Butler het al menige Elitekoei opgelewer.

- NAVRAE: Basil Butler, e-pos: calcrete@wam.co.za, 082 339 4502.

Hy is ’n “bliksem” as dit by die seleksie van verse kom, sê Basil Butler, Senepol-stoetboer van Vryburg, oor sy teelbeleid wat daartoe gelei het dat hy vanjaar sy sesde Elitekoei-eerbewys ontvang het.

Sy teeldoelwi­t begin by ’n goeie koeikudde – sy “fabriek”. Dan selekteer hy net die beste, vrugbaarst­e verse waaruit hy nóg beter verse teel. Dan volg uitstekend­e bulle. Só maak hy genetiese vordering.

Basil is die eienaar van die Calcrete Senepol-stoetery op Bast Plaats. Hy boer reeds 41 jaar lank daar. Hy bedryf die boerdery as ’n eenmansaak, “maar agter elke goeie man is daar ’n goeie vrou”, verwys hy na sy eggenoot, Louise. Sy staan hom met alles in die boerdery by en is ’n ware steunpilaa­r.

Die plaas is op die Ghaapse plato geleë waar goeie gemengde gras-en-bosveld ’n bate is. In die winter daal die kwik soms tot onder vriespunt en in die somer is meer as 38 °C nie ongewoon nie.

Die beeste bly regdeur die jaar op natuurlike weiding, met ’n proteïenle­k in die winter en ’n fosfaatlek in die somer.

Basil het die afgelope paar jaar minder reën gekry. Die afgelope twee seisoene het hy erge besmetting van bontpootbo­sluise gehad wat hartwater veroorsaak. Rooiwater het ook sy kop uitgesteek.

Melkproduk­sie en vrugbaarhe­id

Hy beskryf die Elitekoei, AB 11-039, as ’n mediumraam­koei wat goed in ’n ekstensiew­e boerdery presteer. Albei haar ouers is op die plaas geteel. Haar ouma is oorspronkl­ik uit Zimbabwe ingevoer.

“My Elitekoei het goeie lyne, lang sitbene en heupbene wat van goeie melkproduk­sie getuig, en ’n gladde haarkleed en dun huid wat kenmerkend van goeie vrugbaarhe­id is.”

Sy is nou 13 jaar oud en het reeds 11 kalwers met ’n gemiddelde tussenkalf­periode van slegs 368 dae grootgemaa­k.

Die Calcrete-stoetery is in 2001 geregistre­er nadat Basil Senepol-beeste van Zimbabwe ingevoer het. Vir die opgraderin­g van sy kudde het hy hoofsaakli­k rooi Poenskoppe as basiskoeie gebruik. “Dit was baie suksesvol omdat die kudde ’n breër genetiese grondslag verkry het. Sedertdien het ek ’n beperkte hoeveelhei­d semen en embrio’s ingevoer om die genepoel verder te vergroot. Ek teel nietemin self die meeste van my bulle wat in die stoetery nodig is.”

Twee dektye

Basil het twee dektye. In die winter strek dit van Julie tot September en in die somer van Januarie tot Maart. Dus kan hy die bulle twee keer per jaar aanwend teen een bul per 80 koeie. Sodoende versprei hy die inkomste oor ’n langer tydperk. Speenkalwe­rs word van hul moeders af verkoop.

Hy evalueer die beste bulle in ’n fase D-toets op die plaas. Die bulle met die beste syfers wat ook visueel korrek is, word behou en op natuurlike weiveld uitgegroei. Surplusbul­le word uit die hand of op die jaarlikse nasionale Senepol-veiling verkoop.

Verse word met speentyd geselektee­r. Dié wat die keuring slaag, word op natuurlike weiding gehou totdat hulle gereed is om gedek te word.

Hy ent die beeste in Augustus teen milt-, spons- en lamsiekte in. Die beeste is altyd op gereelde tye deur die jaar met ’n spuitdip behandel, maar Basil gebruik nou eerder ’n opgietmidd­el met ’n lang nawerking.

 ?? FOTO’S: BASIL BUTLER ??
FOTO’S: BASIL BUTLER
 ?? ?? Basil Butler
Basil Butler

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa