Landbouweekblad

Varkvleisp­astei

-

■ 1 kg beenlose varkvleisb­lokkies

■ Sout en peper na smaak

■ 30 ml olie

■ 2 uie, fyngekap

■ 2 knoffelhui­sies, fyngekap

■ 15 ml vars tiemieblaa­rtjies

■ 125 ml wit muskadel

■ 500 ml hoenderaft­reksel

■ 15 ml mielieblom

■ 250 ml room

■ 15 ml dijonmoste­rd

■ 6-7 velle fillodeeg

■ 125 ml gesmelte botter

Geur die vleis met sout en peper en braai dit in die olie bruin. Voeg die uie, knoffel en tiemie by en braai verder tot die uie sag is voor jy die muskadel en aftreksel byvoeg. Bedek die kastrol, verlaag die hitte en laat prut tot die vleis baie sag is. (Vul die vloeistof in die kastrol deurlopend aan indien nodig.) Druk die sagte vleis met die agterkant van ’n vurk fyner. Voeg die mielieblom by die room, meng goed en giet oor die vleis. Laat goed deurkook en voeg die mosterd en sout en peper na smaak by. Skep die vulsel in ’n pasteibak.

Voorverhit die oond tot 190 °C. Verf elke vel fillodeeg met gesmelte botter. Frommel die deeg liggies en rangskik op die vulsel. Bak vir 30 minute.

Lewer 6-8 porsies. Lamskerrie met appelkose

■ Olyfolie

■ 1 ui, grofgekap

■ 30-40 ml matige kerriepoei­er

■ 5 ml borrie

■ Sowat 1 kg lamsribstu­kkies

■ Sout en swartpeper

■ 40 ml perskeblat­jang

■ 100 ml vleisaftre­ksel

■ 125 g sagte droë-appelkose

Verhit die olie in ’n diep kastrol en braai die ui tot sag. Roer die kerriepoei­er en borrie by en braai tot geurig. Roer die lamsvleis by en braai bruin. Geur na smaak. Roer die blatjang en aftreksel by en prut vir sowat 30-40 minute of tot gaar. Sit die appelkose by en prut vir nog ’n paar minute. Sit voor met rys en groente. Lewer 4 porsies.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa