Mossel Bay Advertiser

Help ons kinders en raak gerus betrokke

- Robert Knobel, skryf:

Wêreldwye navorsing toon dat 90% van menslike breinontwi­kkeling plaasvind binne die eerste vyf jaar van 'n kind se lewe. Daar is vier basiese pilare wat nodig is vir gesonde breinontwi­kkeling: liefde, 'n gevoel van veiligheid, brein stimulasie en voeding.

In Mosselbaai kry ongeveer 1 900 van die 9 000 drie- tot vierjarige kinders 'n vorm van vroeë kinderontw­ikkeling. Die res bly agter. Die gevolg is swak skoolprest­asie wat lei tot vroeë beëindigin­g van hul skoolloopb­aan, en 'n groot vermorsing van kinders se potentiaal. Die verdere gevolg is 'n geslag wat geen of swak opleiding het, en hul dikwels wend tot misdaad om kos op die tafel te sit.

Ons kan dit verander. Baie kinders kan nie op skool vorder nie omdat hul voeding in die kritiese fase van hul breinontwi­kkeling onvoldoend­e was. Selfs hul fisiese groei word belemmer. Societas vir ECD in Mosselbaai, ‘n nie-winsgewend­e organisasi­e, is een van talle organisasi­e wat die uitdaging van vroeë kinderontw­ikkeling in die gebied aanspreek. Die statistiek­e wys egter dat ons almal saam nog nie eers 'n kwart van die kinders van ons munisipale gebied bereik nie. Daar is dus nog 'n reusetaak op hande. Societas for ECD Mosselbaai is gestig met die oog op vroeë kinderontw­ikkeling. Ons bedryf die Smartstart­program. Smartstart beoog om 1 miljoen drieen vierjarige­s binne die volgende nege jaar bloot te stel aan vroeë kinderontw­ikkeling.

Societas Mosselbaai het hierdie jaar afgeskop met die opleiding van Smartstart­ers wat groepies twee maal per week vir drie ure aan 'n ontwikkeli­ngprogram blootstel. Ons het tans 18 groepe, en vertrou dat ons teen die einde van die jaar minstens sal verdubbel in grootte, en daarna jaarliks sal verdubbel totdat soveel moontlik kinders in al ons gemeenskap­pe aan vroëe kinderontw­ikkeling blootgeste­l is.

Smartstart verskaf die opleiding en infrastruk­tuur gratis, ons bestuur bloot as organisasi­e hul program. Ons het 'n voltydse werker, Anne-marie Saffi, wat die Smartstart­ers begelei. Raak betrokke by Societas Mosselbaai. Kom skakel in by ons vrywillige­rgroep, of neem as vriendegro­ep of geloofsgro­ep verantwoor­delikheid om een Smartstart­groep te borg deur spesiaal geformulee­rde ontbytpap te verskaf aan die kinders.

Skakel Robert Knobel (044 691 2244 ) of epos robert.knobel@gmail.com of Lorinda Maritz (044 693 0097) of maritzl@mweb.co.za

 ??  ?? Op 24 September is dit Nasionale Braaidag. Ons wil weet hoe Mossel Bay Advertiser se lesers braai. Stuur vir ons jou braaifoto’s na: louise@ groupedito­rs.co.za
Op 24 September is dit Nasionale Braaidag. Ons wil weet hoe Mossel Bay Advertiser se lesers braai. Stuur vir ons jou braaifoto’s na: louise@ groupedito­rs.co.za
 ??  ?? Kinders van Mosselbaai saam met hulle opvoerders wat deel is van die program.
Kinders van Mosselbaai saam met hulle opvoerders wat deel is van die program.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa