Mossel Bay Advertiser

Attie speel baan aan die brand

- Gholfer

Global Golf het op Woensdag, 19 Augustus die 144 deelnemers weer eens met pragtige, duursame pryse baan toe gelok.

Attie van Niekerk het die baan aan die brand gespeel en op 41 punte was hy die wenner van die individuel­e stableford­kompetisie. Malan Barnard en Fanie van Vuuren se 39 punte het hulle onderskeid­elik tweede en derde laat eindig.

Op 38 punte het ‘n hele klomp manne hulle stemme dik gemaak en na die uittel het hulle in die volgorde prystafel toe gestap: Percy van Schalkwyk, Elias Engels, Jacques Borchardt, Talvin Schultz en Johny Fourie.

Baie dankie aan Arrie van der Linde en sy span van Global Golf wat die dag geborg het.

Die afgelope naweek moes ons klublede op ons buurbane hulle ronde gholf gaan geniet, want die Suid-Kaap ope en geslote vrouekampi­oenskap het op ons mooi baan plaasgevin­d.

Van ons land se top amateurspe­lers het van heinde en verre gekom om hulle staal te kom wys.

‘n Opvallende kenmerk van die toernooi was die deelname van die groot aantal talentvoll­e junior spelers van wie ons in die toekoms nog baie sal hoor. Berigte oor die toernooi sal elders geplaas word.

Die Top 16 spelers van ons klubkampio­enskap se uitklop-trekking is ook op die kennisgewi­ngbord en spelers word versoek om hulle verpligtin­ge betyds na te kom.

Sondag, 3 September vind die Mosselbaai ope oor 36 putjies plaas.

Die beste spelers in die Suid-Kaap sal in aksie wees en goeie gholf word in die

vooruitsig gestel.

 ?? Photo: Lee Warren/Gallo Images ?? Todd Walker of South Western Districts in action with the bat.
Photo: Lee Warren/Gallo Images Todd Walker of South Western Districts in action with the bat.
 ??  ?? Wenners van Global Golf se geborgde dag is van links, agter: P Brits, J Borchardt en A van der Linde (Global Golf). Voor: M Barnard, D Parker en F van Vuuren.
Wenners van Global Golf se geborgde dag is van links, agter: P Brits, J Borchardt en A van der Linde (Global Golf). Voor: M Barnard, D Parker en F van Vuuren.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa