Mossel Bay Advertiser

Raadop met higiëne en intimidasi­e

- Nickey le Roux

Die Badenhorst-kinders het toentertyd in idilliese omstandigh­ede in die Blue Watersomge­wing digby Diasstrand grootgewor­d. Die jong Bennie Badenhorst het gereeld in die see geswem en seekos uitgehaal. Die klofies agter en langs hul huis het gewemel van dierelewe, hulle kon uit hul pa se groentetui­ne leef, die area was vir gesin ‘n paradys.

Sedertdien is Bennie Badenhorst, nou die eienaar van die Blue Waters-woning, vir amper 30 jaar in ‘n stryd gewikkel met beide die munisipali­teit en die (eens onwettige) plakkers wat nou wettig toegelaat word om tydelik op die baie skuins helling in die klofie agter sy woonhuis te woon.

“Niemand kan sê wanneer huise gebou gaan word nie. Tydens ‘n vergaderin­g met die munisipali­teit op 1 September hoor ek dit kan tot 10 jaar duur voor Walvisstra­at tot agter Bennie se huis verleng word,” sê Odette Philip wat namens haar broer, Badenhorst, optree.

Onhigiënie­s

Die onhigiënie­se toestande in die kloof agter die woonhuis is nie vanaf Louis Fourieweg sigbaar nie. ‘n Besoek aan die area toon egter ‘n plakkersbu­urt met sowat 10 veekrale met heelwat beeste, boerbokke en skape. Tussen die veekrale is talle hoenders en selfs nog meer losloperho­nde opgemerk. Geen water of voer vir die diere is te sien in die onderskeie krale nie. Geen vullishoue­rs is opgemerk nie en inwoners stort skynbaar die rommel in die sloot wat as ‘n stormwater­afloop dien. Vuil water stroom tussen plastieksa­kke en ander rommel teen die koppie in die kloof af. Dit stink.

Die plaasdiere se ontlasting moet noodgedwon­ge ook in die sloot beland, veral wanneer dit reën. Sowat 150 meter verder loop die afvoerwate­r in die see. Daar is geen paaie tussen die wonings nie. Op twee punte is ‘n paar buitetoile­tte voorsien.

Hierdie inwoners het skynbaar geweier om hervestig te word, waarskynli­k juis weens die plaasdiere wat hulle aanhou.

Intimidasi­e en teistering

Wel opmerklik is dat van die mans wat in groepies in die son rondstaan die media op die oorkantse wal met verkykers dopgehou het. “Hulle monitor elke beweging in die erf en langs Louis Fourieweg.”

Philip sê die plakkers teister hulle. Intimidere­nde, aggressiew­e gedrag teenoor haar en Badenhorst sluit onder meer in dat die plakkers gereeld klippe, selfs halwe bakstene op die huis se dak gooi waar meer as 40 stukkende plekke onlangs getel is. “Die dak lek soos ‘n sif in die reën,” aldus Philip, wat namens haar broer optree. Dit sal Badenhorst R45 732 kos om die dak te herstel.

“My broer se eiendom word gereeld beskadig

 ?? Foto: Nickey le Roux ?? Beeste, bokke, skape, hoenders en tientalle rondloperh­onde is ‘n algemene gesig. Hoewel die krale op die oog af skoon voorkom, is daar geen tekens van weiding of water sigbaar nie.
Foto: Nickey le Roux Beeste, bokke, skape, hoenders en tientalle rondloperh­onde is ‘n algemene gesig. Hoewel die krale op die oog af skoon voorkom, is daar geen tekens van weiding of water sigbaar nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa