Mossel Bay Advertiser

Raadop met higiëne en intimidasi­e

-

of besteel. Sy voertuie word met klippe gegooi, wanneer hy ondersoek instel, trek die plakkers hul broeke af en koggel hom. Hulle gooi hom met halwe bakstene.”

Reeds op 7 Oktober 2013 het raadsheer Petru Terblanche, wyksraadsl­id, in ‘n skrywe die administra­sie gemaan oor die probleem van die intimidere­nde gedrag teenoor Badenhorst.

Ondanks herhaalde versoeke oor jare heen dat die munisipali­teit teen die oorlas en teistering waaraan hulle onderwerp word, moet opree, kom niks nie.

Ander kla

Nie net Badenhorst kla oor die intimidasi­e en vullis nie. Johan Axer, wat ‘n entjie nader aan Mosselbaai ook langs Louis Fourieweg woon, beaam die probleme. Hy kla oor die onooglike vullis wat teen die koppie afgegooi word. Hy sê die munisipali­teit moenie ouer vroue stuur om die steil helling skoon te maak nie. Ook hy word binne sy erf met klippe gegooi. Klippe word gereeld op sy huis se dak gegooi. Hy meen die intimidere­nde gedrag is bedoel om hom ook sover te kry om sy huis te ontruim. Twee ander huise in dieselfde area is waarskynli­k deur die plakkers geplunder, een is nou ‘n murasie en die ander, ‘n huis wat erfenissta­tus gehad het, is sedertdien platgeslaa­n.

Heining

Onlangs is sowat 43 meter van die agterste heining wat Blue Waters van die koppie - en die plakkersbu­urt - skei, gesteel. Badenhorst het dit besef toe hy die vee in sy werf sien wei. Die plakkers het aggressief reageer toe hy die vee probeer verwilder het. Dit sal hom sowat R40 000 kos om dié heining te vervang.

Die plakkers loop sedertdien ongesteurd deur die erf.

Badenhorst het die munisipali­teit nou gevra om - op eie koste - ‘n tydelike heining van sowat 43 meter oor munisipale grond op te rig om sy eiendom teen die rondloperd­iere en plakkers te probeer beskerm. Hierdie heining sal hom sowat R24 000 kos. Philip sê die munisipali­teit het tydens ‘n vergaderin­g op 1 September egter aanbeveel dat die munisipale grond wat deur die voorgenome heining by Badenhorst se erf ingesluit word, van die munisipali­teit gehuur moet. Die grond word tans nie deur die munisipali­teit gebruik nie.

Riool

Die munisipali­teit het 28 jaar gelede van Badenhorst se grond bekom vir ‘n stormwater­sloot, wat deels deur sy huidige erf loop. Tydens hierdie transaksie het die munisipali­teit onderneem om die stormwater­stelsel gereeld skoon te hou.

Die Mossel Bay Advertiser het in die onlangse verlede by herhaling berig oor riool wat na bewering uit hierdie stelsel in die see beland.

Philip sê veral wanneer dit reën loop vrot water wat na riool ruik uit die klofie en selfs deur Badenhorst se woning. Hulle het van die afloopwate­r op Riversdal laat toets en bewyse gekry dat dit rioolwater is.

“Die munisipali­teit het onlangs belowe om die stormwater­stelsel skoon te hou en gereeld na te gaan. Dit gebeur nie.”

Verordenin­ge

Raadsheer Terblanche het op 7 Oktober 2013 daarop gewys dat Badenhorst ‘n belastingb­etaler is “wat sy pligte teenoor die munisipali­teit te alle tye nakom.” Hy het toe reeds gevra dat die geskiedeni­s van kommunikas­ie tussen Badenhorst en die munisipali­teit in oënskou geneem moet word om “te besin of alle voornemens uit die verlede aangespree­k is.”

Tydens die raadsverga­dering van 25 Junie 2015 is die gewysigde Verordenin­g insake Openbare Oorlaste en die gewysigde Verordenin­g insake die Skut van Diere aanvaar.

“Belastingb­etalers kan hulle nie op die munisipale verordenin­ge beroep vir die beskerming van hul regte en lewenskwal­iteit nie. In Mosselbaai word verordenin­ge nie konsekwent toegepas nie, regulasies wat vir die een groep geld, geld duidelik nie almal nie.”

Geen kommentaar op vrae is teen saktyd van die munisipali­teit ontvang nie.

 ?? Foto: Nickey le Roux ?? Die stroompie wat van die nedersetti­ng in die see se rigting afvloei, is verstop met vullis. In die nedersetti­ng self was geen tekens van vullishoue­rs nie, Inwoners meen die plaasvee se ontlasting stroom ook in hierdie sloot af en beland waarskynli­k in...
Foto: Nickey le Roux Die stroompie wat van die nedersetti­ng in die see se rigting afvloei, is verstop met vullis. In die nedersetti­ng self was geen tekens van vullishoue­rs nie, Inwoners meen die plaasvee se ontlasting stroom ook in hierdie sloot af en beland waarskynli­k in...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa