Mossel Bay Advertiser

Mosselbaai-blommeskou begin

-

Tydens die Mosselbaai-blommeskou wat eersdaags vanaf 15 tot 17 September plaasvind, kan alle persone wat belangstel in die kuns van blommerang­skikking hul skeppings inskryf.

Daar gaan drie kategorieë wees waarin kontant pryse te wen is. Inskrywing­s is gratis en elke deelnemer moet sy/haar eie blomme, loof en houers bring en die rangskikki­ng moet dan op die terrein gedoen word op 14 September of voor 10:00 op 15 September. Kinders moet hulle rangskikki­ngs in kersblaker­s of in eierdoppe doen en die tema is, ’n Feëtjietui­n in ’n skinkbord.

Beginners kan meeding deur die rangskikki­ng van vetplante in ’n ongewone houer met die tema, Rangskikki­ng in ’n mandjie en die gevorderde rangskikke­rs se tema is, Simfonie in rooi waar loof saam met hout gerangskik moet word.

Die doel van die verskillen­de temas is om eerstens kostes vir die rangskikke­rs te bespaar en dit sodoende moontlik te maak dat almal aan hierdie kompetisie kan deelneem en tweedens om variëteit aan die skou te verleen. Die blommeskou­komitee nooi alle rangskikke­rs asook tuiniers uit om deel te word van hierdie pragtige geleenthei­d.

Die Dias Museum word jaarliks omskep in ’n lushof van alle tipes plante en inskrywing­s vir die onderskeie kategorieë is gratis en almal staan ‘n kans om pryse te wen.

Alle Mosselbaai-inwoners kan gerus deelneem aan hierdie wonderlike geleenthei­d. Die museum word daagliks deur baie toeriste besoek en dit is die ideale geleenthei­d om Mosselbaai en omstreke se pragtige flora aan die wêreld ten toon te stel.

Besoek die Facebookbl­ad by : Mosselbaai blommeskou/flowershow

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa