Mossel Bay Advertiser

Munisipale hof ‘beskerm en bevorder waardes’

-

Die doel van Mosselbaai se munisipale hof is om ‘n veilige omgewing te skep deur wetsgehoor­saamheid te bevorder, aldus die munisipale woordvoerd­er, mnr Colin Puren.

Die munisipale hof, wat sedert 2012 in bedryf is het intussen uitgebrei tot die lewering van ’n volwaardig­e munisipale hof-funksie. Aanvanklik is slegs verkeersak­e hanteer. Nou word ook die oortreding­s van munisipale verordenin­ge en regulasies, soos dié wat betrekking het op ontbossing, bouregulas­ies, onwettige rommelstor­tings, besigheids­lisensies en oorlaste, by dié hof hanteer.

Daar word kwartaalli­ks aan die munisipale raad oor die werksaamhe­de van die munisipale hof verslag gedoen. In die tweede kwartaal, vanaf April tot Junie vanjaar het 3 461 sake voor die hof gedien en is meer as 2 000 lasbriewe uitgereik, waarvan 25 bouregulas­ie-verwant was.

In dieselfde tydperk is inkomste van sowat R601 750 uit die hof gegenereer.

Volgens die munisipale bestuurder, adv Thys Giliomee, is die voordeel van ’n munisipale hof dat aandag gegee word aan sake wat nie noodwendig dieselfde prioriteit in landdrosho­we sou geniet nie.

Die uitvoerend­e burgemeest­er van Mosselbaai, raadsheer Harry Levendal, sê die hof het reeds verskeie suksesse behaal en vervul die volle rol wat daarvoor voorsien is. Die hof se fokus is nie slegs op vervolging nie, maar ook om bewustheid te skep van verordenin­g en regsproses­se, die munisipali­teit en gepaardgaa­nde funksies. “Daardeur word die gemeenskap se waardes beskerm en bevorder.”

Sien ook op die brieweblad ‘n lesersbrie­f in hierdie verband.

 ??  ?? Die munisipale hof, wat sedert 2012 in bedryf is het intussen uitgebrei tot die lewering van ’n volwaardig­e munisipale hof-funksie.
Die munisipale hof, wat sedert 2012 in bedryf is het intussen uitgebrei tot die lewering van ’n volwaardig­e munisipale hof-funksie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa