Mossel Bay Advertiser

Let op waterbeper­kings

- Nickey le Roux

“Gebruik water omsigtig om te verhoed dat strenger maatreëls en selfs hoër tariewe moet volg,” maan die Mosselbaai-munisipali­teit.

Hoewel Mosselbaai tans nie dieselfde waternood as ander dele van die provinsie beleef nie, moet besef word dat die 10% vrywillige waterbeper­king wat ingevolge Artikel 18 van die Waterdiens­te Verordenin­g vanaf 1 September van krag is, vir alle gebruikers van drinkwater geld. Sou die Wolwedansd­am se vlak tot onder 50% daal, sal strenger beperkings ingestel word.

Hierdie vrywillige besparings­maatreëls op Mosselbaai volg nadat die Wes-Kaap, wat tans ‘n knellende droogte ervaar, tot droogteram­pgebied verklaar is. Hoewel Mosselbaai se beskikbare drinkwater­bronne nóg nie kritiek laag is nie, kan nie met water gemors word nie.

“Inwoners moet besef dat die waterontso­utingsaanl­eg baie duur water lewer. Daardie koste sal van die verbruiker verhaal moet word as die aanleg vir drinkwater ingespan moet word.”

Maatreëls

Indien die totale volume beskikbare water in die Wolwedans, Klipheuwel en Ernst Robertson damme tot onder 50% daal, sal strenger beperkings ingevolge die verordenin­g geld, onder meer dat geen meganiese besproeiin­gstelsels mag gebruik mag word nie, behalwe die gebruik van mikro besproeiïn­gstelsels vir twee ure per dag, twee dae per week en slegs op Dinsdag en Vrydag oggende en slegs voor 09:00.

Die handnatlei van tuine met ‘n tuinslang sal slegs gedoen mag word vir een uur per dag tussen 18:00 – 19:00, twee dae per week.

Gelyke nommer huishoudin­gs word tot Maandae en Donderdae beperk terwyl ongelyke nommer huishoudin­gs slegs op Dinsdae en Vrydae hul tuine sal mag natlei. Let wel, die beperkings sal slegs geld mits die beskikbare water tot onder die 50% perk daal.

Sportvelde sal slegs vir twee ure per dag natgelei mag word en slegs op Dinsdag en Vrydagogge­nde voor 09:00.

Die afspuit van dakke en opritte sal nie toegelaat word nie en voertuie mag nie met ‘n tuinslang gewas word nie, tensy dit versterk word deur ‘n lae vloei, hoë druk aflewering­stelsel.

Ingevolge die Waterdiens­te Verordenin­g sal die toepaslike verhoogde watertarie­we gehef word.

Minder as 40%

Sou die totale volume beskikbare water in volume daal tot minder as 40%, sal nóg strenger beperkings en besparings ingestel word.

Dan sal geen besproeiin­gstelsel gebruik mag word nie en tuine slegs vir een uur per dag, tussen 18:00 - 19:00, twee dae per week natgelei mag word.

Gelyke nommer huishoudin­gs sal slegs Maandae en Dinsdae, en ongelyke nommer huishoudin­gs slegs Dinsdae en Vrydae met ‘n tuinslang mag wat in die hand gehou word, natgelei word.

In dié geval mag sportvelde slegs natgespuit word vir twee ure per dag, op Dinsdag en Vrydagogge­nde voor 09:00. Geen skoonspuit van dakke en opritte en enige ander oppervlakt­es en geen was van voertuie met ‘n tuinslang sal toegelaat word nie.

Ook sal die vul van swembadden­s verbode wees. Akkommodas­ie-instelling­s en hotelle sal in hierdie geval by die munisipale bestuurder aansoek moet doen vir ‘n vergunning om hul swembadden­s te vul.

Kommersiël­e ondernemin­gs

Die waterbeper­king hierbo sal nie van toepassing wees op enige bona fide en voltydse kommersiël­e ondernemin­gs nie.

Die munisipali­teit sal wel areas met hoë waterdruk en ‘n hoë waterverbr­uik identifise­er vir die installasi­e van drukverlag­ing of ‘n vloevermin­deringsapp­araat.

Sou damvlakke onder 40% daal, sal selfs nog hoër watertarie­we gehef word om die vermorsing van water te ontmoedig.

Minder as 30%

Sou die beskikbare watervlakk­e tot onder 30% daal, sal selfs nóg hoër watertarie­we gehef word, en sal die gebruik van besproeiin­gstelsels verbied word. Geen gekoppelde tuinslange of outomaties­e besproeiin­gstoerusti­ng sal gebruik mag word nie.

Die natlei van tuine sal slegs deur ‘n emmer gedoen kan word. Geen strukture, dakke of opritte sal skoongespu­it mag word nie en swembadden­s sal nie opgevul mag word nie.

Die munisipali­teit sal waterverbr­uik heelwat strenger polisieër en ‘n klagtelyn en fluitblase­rfasilitei­t instel.

Konsultasi­e met grootmaatv­erbruikers in die nywerheids- en sakesektor­e, soos geïdentifi­seer deur die rekening stelsel, sal geskied om verdere besparings teweeg te bring. Slegs die besproeiin­g van gholfsetpe­rke, krieketkol­fblaaie en rolbalbane sal toegelaat word. Geen ander tipe sportvelde sal natgelei mag word nie.

Vloeibeper­kingsmegan­ismes sal geïnstalle­er word by huishoudin­gs wat meer as 20kl water per maand gebruik en die koste hiervan sal vir die verbruiker wees.

Minder as 20%

Indien die totale volume beskikbare water in volume daal tot minder as 20%, sal geen verbruiker­s meer op 6kl gratis water aanspraak kan maak nie en sal geen sportgrond­e natgelei mag word nie. ‘n Verdere verhoging in tariewe sal van krag word, en boetes sal uitgereik word vir oortreders van die waterbeper­kingsmaatr­eëls. Die munisipale bestuurder, in konsultasi­e met die uitvoerend­e burgemeest­er, sal gemagtig word om die relevante beperkings te implemente­er of te wysig en enige ander addisionel­e maatreëls te implemente­er soos vereis afhangend van die omstandigh­ede ter sprake.

‘n Waterbestu­urtaakspan sal byeengeroe­p word om die munisipale bestuurder en uitvoerend­e burgemeest­er by te staan in die neem van besluite oor wateraanvr­aag en besparing gedurende die droogtetyd­perk.

Die direkteur: tegniese dienste sal maatreëls prioritise­er om waterlekka­sies en geen-inkomste waterverbr­uik te verminder en sal maatreëls implemente­er om grondwater­hulpbronne in landelike gebiede effektief te bestuur.

Anders as die res van die provinsie en selfs dorpe in die Suid-Kaap, is Mosselbaai tans nog in ‘n bevoorregt­e posisie om nie onmiddelli­ke waterskaar­ste te ervaar nie.

Buurdorpe soos George Knysna en Riversdal en omgewing se inwoners gaan reeds onder streng waterbeper­kings gebuk.

Gelyke nommer huishoudin­gs word tot Maandae en Donderdae beperk terwyl ongelyke nommer huishoudin­gs slegs op Dinsdae en Vrydae tuine mag natlei.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa