Mossel Bay Advertiser

Brandwag se jeug baat by minister se besoek

- Nickey le Roux

Jeug in Brandwag het Woensdag besoek ontvang van die Wes-Kaapse LUR vir maatskapli­ke ontwikkeli­ng, minister Albert Fritz, wat ‘n nuwe inisiatief na hierdie groepie inwoners uitgerol het.

“Vandag se jeug staar ander uitdagings in die gesig as toe ek ‘n jongmens was. Vandag se ouer garde kom uit ‘n rowwe tyd, maar vandag se jeug moet hul eie uitdagings, soos dat hulle soms minderwaar­dig voel, te bowe kom,” het minister Fritz gesê.

Fritz het gesê die jeug moet verantwoor­delikheid vir hul eie toekoms neem en betrokke raak by inisiatiew­e wat hulle kan help.

Hy het na die jeugkafee op Groot- Brakrivier verwys en die uitdaging gestel dat inisiatiew­e geloods moet word om Brandwag se jeug by die suksesse wat daar bereik word, te betrek.

“Vandag se inisiatief gaan maniere bedink om Brandwag se jeugleiers in jeugontwik­kelaars te verander. Die jongmense moet geleenthed­e aangryp, hulle moet hulself laat geld en met groter selfrespek optree. Jeug in platteland­se gemeenskap­pe is nie tweedeklas­burgers nie, hulle moet met selftrots die uitdagings aangryp.”

In sy verwelkomi­ng het Mosselbaai se uitvoerend­e burgemeest­er, wat lank op Brandwag skoolgehou het, gewys op twee Mosselbaai­raadslede wat “hul verstand op Brandwag gekry het – en kyk watter sukses het hulle van hul lewens gemaak”. Beide raadslede Niklaas Booisen en Rosina Ruiters (onderburge­meester van die Edendistri­ksmunisipa­liteit) het noue bande met Brandwag.

“Styg uit bo jou persoonlik­e omstandigh­ede. As dit swaar gaan in jou ouerhuis, weet net jy sal eendag ‘n beter ouer moet wees. Ek self het in baie moeilike omstandigh­ede grootgewor­d, maar dit het by my die wil wakker gemaak om te presteer. Maak vrede, moenie dat wraak jou verteer nie – sit jou wraakgedag­tes in liefde om.”

Spesialisf­asiliteerd­ers het verskeie wegbreekgr­oepe met die jeug hanteer waar onder meer gefokus is op selfbeeld, selfgelden­dheid en selfvertro­ue.

Foto’s: Nickey le Roux

 ??  ?? Die Wes-Kaapse LUR vir maatskapli­ke ontwikkeli­ng, minister Albert Fritz, (rooi das) en Mosselbaai se uitvoerend­e burgemeest­er, raadsheer Harry Levendal en Mosselbaai­se raadslede saam met ‘n groepie van Brandwag se jeug wat ‘n interessan­te jeugbyeenk­oms...
Die Wes-Kaapse LUR vir maatskapli­ke ontwikkeli­ng, minister Albert Fritz, (rooi das) en Mosselbaai se uitvoerend­e burgemeest­er, raadsheer Harry Levendal en Mosselbaai­se raadslede saam met ‘n groepie van Brandwag se jeug wat ‘n interessan­te jeugbyeenk­oms...
 ?? Foto’s: Nickey le Roux ?? Minister Albert Fritz, die Wes-Kaapse LUR vir maatskapli­ke ontwikkeli­ng (naasregs), het Mosselbaai se uitvoerend­e burgemeest­er, raadsheer Harry Levendal en lede van sy raad geprys vir hul gemeenskap­singesteld­heid. “Ek weet wanneer die foon laataand...
Foto’s: Nickey le Roux Minister Albert Fritz, die Wes-Kaapse LUR vir maatskapli­ke ontwikkeli­ng (naasregs), het Mosselbaai se uitvoerend­e burgemeest­er, raadsheer Harry Levendal en lede van sy raad geprys vir hul gemeenskap­singesteld­heid. “Ek weet wanneer die foon laataand...
 ??  ?? Minister Fritz vertel van die dag toe ‘n jeugdige onlangs sy voertuig probeer kaap het. Hy sê die sinneloosh­eid van die dood van die jong man, wat ‘n jaar jonger as sy eie seun is, is werklik betreurens­waardig. By hom is Mosselbaai se uitvoerend­e...
Minister Fritz vertel van die dag toe ‘n jeugdige onlangs sy voertuig probeer kaap het. Hy sê die sinneloosh­eid van die dood van die jong man, wat ‘n jaar jonger as sy eie seun is, is werklik betreurens­waardig. By hom is Mosselbaai se uitvoerend­e...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa