Mossel Bay Advertiser

Omsigtighe­id gemaan na ongelukke

- Nickey le Roux

Verskeie ongelukke het die afgelope week op die N2 in en om Mosselbaai plaasgevin­d. Altesaam 42 motoriste is die afgelope naweek gearrestee­r omdat hulle na bewering onder die invloed van alkohol bestuur het, waaronder vier in Mosselbaai. In een voorval die afgelope Sondag, 3 September omstreeks 16:50 het twee voertuie, ‘n blou Kaapstad-geregistre­erde motor en ‘n grys Mosselbaai-geregistre­erde motor tussen Mosselbaai en Albertinia reg van voor gebots.

Die bestuurder van die Mosselbaai­se motor, Stanley Goliath het op die Mossel Bay Advertiser se facebookbl­ad op die voorval kommentaar gelewer: "Ek was die man wat die CBS gery het. Daai ou vanaf Kaapstad het beheer oor die kar verloor. Ek't gelukkig gesien hoe hy aankom slinger slinger oor die pad. Ekt spoed verminder.... toe ek die kar nader het dit skielik voor my in gery. Ek't probeer dit vermy.....ek was in my kant hy het oor die pad in my kant gekom. As daai mense nie in my gery het nie glo my was hulle defnitief oorlede....ek vergewe hulle en is bly dat dit so uitgewerk het. Almal het oorleef."

* In nog 'n voorval het 'n Kaapstadse Isuzuvragm­otor en sleepwa wat hout vervoer het op onverklaar­bare wyse Maandagogg­end op die N2 tussen Mosselbaai en Albertinia omgeslaan. Omdat die hout oor die pad gestrooi gelê het, het dit 'n geruime tyd geneem om die ongeluksto­nnel op te ruim. Voertuie is via die Cooper-afrit herlei totdat die N2 heelwat later weer vir verkeer oopgestel is.

* Op Saterdag, 2 September om ongeveer 15:40 is drie voetganger­s op Louis Fourieweg deur 'n man wat in Snoekstraa­t, Albertinia woon, getref toe hulle die pad probeer kruis het. Toe lede van die KwaNonqaba-polisie op die toneel kom, het hulle twee van die slagoffers in die pad, en 'n derde op die pad se skouer aangetref.

Die motoris het beweer die voetganger­s het voor hom ingeloop toe hulle oor die pad probeer loop het. Enige persoon het inligting word versoek om die KwaNonqaba-polisie (044 606 5600) te kontak.

 ??  ?? Ten spyte daarvan dat twee voertuie Sondagmidd­ag op die N2 tussen Mosselbaai en Albertinia, kop-teen-kop gebots het, is niemand in die botsing oorlede nie.
Ten spyte daarvan dat twee voertuie Sondagmidd­ag op die N2 tussen Mosselbaai en Albertinia, kop-teen-kop gebots het, is niemand in die botsing oorlede nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa