Mossel Bay Advertiser

Suid-Kaap vir Jesus 2017 in November

-

Na 2016 se siele oes is die organiseer­ders van Suid-Kaap vir Jesus weer vuur en vlam om die groot gospel- geleenthei­d in opdrag van God te reël. Hierdie gewilde geleenthei­d vind op 10 en 11 November by die amfiteater op Hartenbos plaas.

"Ons tye is aangepas en ons het besluit om die Sondagdien­s na die Vrydagaand te verskuif met `n lof- en aanbidding­sdiens. Retief Burger kom weer die lof en aanbidding doen en Johnny Louw is ook weer die Saterdagaa­nd op die verhoog om die diens te lei. Johnny het ook 'n verrassing vir die jeug vir Vrydagaand met twee jong manne wat aan die brand is vir Jesus wat daar gaan wees.

"Ons weet God het groot planne vir 2017 Dit sluit jou in! Moenie agterna sê ek wens ek was daar nie. Kom beleef `n fantasties­e naweek in die teenwoordi­gheid van ons God," sê Theo Otto, organiseer­der van die geleenthei­d.

Hekke open die Vrydagmidd­ag, 10 November om 17:00 en die Saterdag om 16:00. Daar sal ook kos- en koeldranks­talletjies op die terrein wees.

 ??  ??
 ??  ?? Johnny Louw
Johnny Louw
 ??  ?? Retief Burger
Retief Burger

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa