Mossel Bay Advertiser

Icosa reageer op klagtes

-

In ‘n persverkla­ring sê die Icosa-raadslid in die Mosselbaai munisipale raad, raadslid Dawid Kamfer die heksejag teen hom deur individuel­e DA-raadslede “het soos ‘n bom in hulle gesigte ontplof.”

Dit blyk die ondersoekb­eampte het drie van die vier dissiplinê­re klagtes teen raadslid Kamfer afgewys. Hy is wel skuldig bevind op ‘n vierde aanklag. “Die ondersoekb­eampte het drie klagtes teen my as snert afgemaak en het geweier om my daarop te vervolg. Dié klagtes is uitgegooi. Die ondersoekb­eampte het aan my gesê die klagtes teen my is so onbelangri­k, hy kon dit nie eens as klagtes formuleer nie.”

Raadslid Kamfer beweer voorts in sy verklaring dat die klagtes teen hom gemotiveer is om sy “mond te snoer”. “Ek is altyd bereid om op te staan vir die mense wat ‘n onreg aangedoen word. Die raad het die ondersoeke­r se verslag aanvaar om drie van die vier klagtes teen my te laat vaar. Op een klagte, naamlik dat ek versuim het om ‘n verklaring van belange, ‘n administra­tiewe vorm binne ‘n gegewe tyd in te dien, het ek skuld erken,” sê raadslid Kamfer.

 ??  ??
 ?? Foto: Nickey le Roux ?? Raadslid Dawid Kamfer se gebruik van die gewraakte ‘K’-woord in die munisipale raadsaal, toe hy na ‘n facebook-inskrywing verwys het waarin beweer is dat sy van op dié woord sinspeel, het onder meer tot dissiplinê­re klagtes teen hom gelei.
Foto: Nickey le Roux Raadslid Dawid Kamfer se gebruik van die gewraakte ‘K’-woord in die munisipale raadsaal, toe hy na ‘n facebook-inskrywing verwys het waarin beweer is dat sy van op dié woord sinspeel, het onder meer tot dissiplinê­re klagtes teen hom gelei.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa