Mossel Bay Advertiser

Hospitaal reik uit na kleingoed

-

Die Life Bay View-hospitaal het onlangs die Zisukhanyo-kleutersko­ol, waar 69 kinders tans versorg word, onder hul vlerk geneem. Die kleingoed ontvang daagliks drie etes deur die verloop van die dag, waaronder ‘n ontbyt, ‘n groter middagete en ‘n toebroodji­e in die namiddag.

Personeel van die hospitaal het hul harte en beursies oopgemaak en ruim bygedra om beide kos en ander toebehore vir die kleutersko­ol te skenk en het boonop hul moue opgerol om te help om die fasiliteit ‘n nuwe aansig te gee.

“Ons Life Young Leaders het klimrame geverf, Deon, een van ons onderhouds­personeel het vir toiletsitp­lekke vervang en daar is ruim bygedra tot die daaglikse behoefte aan voedsame eetgoed,” sê Elzaan Moelich, bemarkings­bestuurder van die hospitaal.

Die hospitaal se personeel het R9 500 vir die uitreik ingesamel en ‘n verdere

R16 000 is deur die Life Healthcare-groep bygedra. Hiermee is onder meer komberse, verf, eetgoed en kosvoorraa­d, sanitêre benodigdhe­de, koskaste, matrasse, tafeltjies en stoeltjies en selfs ‘n heerlike koek aangeskaf. Die hospitaal het boonop ‘n televisies­tel aan die kleutersko­ol geskenk.

Daarbenewe­ns het die hospitaal onderneem om maandeliks ‘n verdere bydrae tot die kleutersko­ol te maak.

 ??  ?? Bemarkingb­estuurder van die Life Bay View-hospitaal, Elzaan Moelich (middel) saam met Chane Wrigley, voorsitter van die Consultati­ve Forum en regs is Kinsley, hoof van die skooltjie.
Bemarkingb­estuurder van die Life Bay View-hospitaal, Elzaan Moelich (middel) saam met Chane Wrigley, voorsitter van die Consultati­ve Forum en regs is Kinsley, hoof van die skooltjie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa