Mossel Bay Advertiser

Tientalle nuwe kunstenaar­s ondersteun Kansa-projek

-

Kansa sien vanjaar met groot opwinding uit na die jaarlikse Kansa Art From The Heart projek wat weer by die St Augustinek­erk op George aangebied word. Die geleenthei­d vind plaas op Vrydag, 6 Oktober. Die publiek word genooi na die gesellighe­id en veiling om 19:00. Toegang is R50 per persoon.

Vanjaar het meer as 45 splinternu­we kunstenaar­s hul ondersteun­ing aan die projek gegee wat beteken dat Kansa vanjaar tussen 80 en 100 splinternu­we kunswerke beskikbaar gaan stel vir die veiling. Kansa beroep hul jaarliks op die ondersteun­ing van plaaslike kunstenaar­s vanaf Beaufort-Wes, die Klein Karoo- en Tuinroete-streek om deel te neem aan die projek. Kunstenaar­s word deur Kansa voorsien van ‘n skilderdoe­k en word dan die vryheid gebied om na willekeur te skilder.

Geld wat sodoende ingesamel word, word aangebied vir volhoubare dienslewer­ing aan kankerpasi­ënte en hul gesinne in die Kansa Suid-Kaap / Karoo-streek.

Besoekers kan die werke wat opgeveil word enige tyd op 6 Oktober vanaf 09:00 tot 15:00 besigtig. Daarvolgen­s word oordeelkun­dig tyd gebied om ‘n aanbod op te maak. ‘n Dagbesoeke­rsfooi van R10 per persoon word gedurende die dag gehef.

Kaartjies is op Beaufort-Wes beskikbaar by Amanda Koen, (071 635 4196) of stuur e-pos na akoen@cansa.org.za, Ania Lourens op Oudtshoorn (e-pos alourens@ cansa.org.za) en op George- en die Mosselbaai-area, kontak Lucinda Viljoen (082 663 3529) of e-pos lucinda@cansa. org.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa