Mossel Bay Advertiser

MARKTE / MARKETS

-

• Inligting oor kermisse, basaars en markte moet ons voor Dinsdae om 16:00 bereik. Stuur dit na mba@groupedito­rs.co.za

HARTENBOS BOEREMARK

Hartenbos Boeremark se volgende markte is op 9 en 30 September vanaf 08:00-14:00 by die Carney-gebou. Daar is meer as 70+ uitstaller­s so moet dit verseker nie misloop nie. Iets van als en als van iets, vriendelik­e uitstaller­s en jolige musiek. Navrae: Charles (082 852 1773).

UITSTALLER­S GENOOI OM DEEL TE NEEM AAN DORPSMAKIE­TIE

Mosselbaai is aangewys as die Kwêla Dorp van die Jaar 2017 en Mosselbaai gaan die groot eer gepas met ‘n makietie op 7 Oktober vier. Die organiseer­ders beplan ‘n ware dorpsfees waarheen almal hartlik uitgenooi word. Daar gaan ‘n pretpark en talle sangers wees wat vermaak sal verskaf terwyl die Kwêlakamer­as die verrigting­e verfilm. Stalletjie­s se aansoeke sluit op 31 Augustus. Kontak Melanie (072 837 8803) vir meer inligting of besoek OEV-kantoor (044 695 2331).

MOSSELBAAI FAMILIE PLAASMARK

Die Mosselbaai Familie Plaasmark vind elke Sondag vanaf 08:00 tot 14:00 plaas en spog ook nou met ‘n nuwe eienaar. Die volgende mark is op Sondag, 10 September. Die mark is net buite Hartenbos langs die Hartenbosr­ivier en N2. Toegang is vanaf die R102 (ou Groot Brakpad). Kyk uit vir die naambord wat lui FARMER’S MARKET. Die mark verskaf heerlike vars organiese groente, vrugte, tuisgemaak­te produkte, lekker eetgoed en yskoue drinkgoed.

Bring jou kinders, kleinkinde­rs en hondekinde­rs na die mark. Kontak Alma (082 601 9936).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa