Mossel Bay Advertiser

Cuppa binnekort in Groot Brak

-

Cuppa For Cansa Groot-Brakrivier, onder die bekwame leiding van Ann-Marie Volkwyn van Groot-Brakrivier, vind vanjaar op Saterdag, 28 Oktober in die VGK-kersaal op Groot-Brakrivier plaas.

Die datum is vasgemaak, die kerksaal wag en vanjaar gaan daar behoorlik saamgekuie­r word ten bate van Kansa Suid-Kaap Karoo. Kankerbewu­smaking is die hoofdoel van hierdie funksie en verskeie gasvroue gaan gaste trakteer met heerlike eetgoed. Kaartjieko­ste beloop R50 per persoon en sluit die gasspreker, gaskunsten­aar, opwindende vermaakpro­gram en gesellige saamkuiert­ee in. Vir navrae, skakel AnnMarie (082 480 6685) of Lucinda Viljoen van Kansa (082 66 3 3529) of stuur e-pos na lucinda@cansa.org.za.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa