Mossel Bay Advertiser

Groot Brak gemeenskap­sforum die ‘toekoms vir ware ontwikkeli­ng’

-

Die Groot-Brakrivier gemeenskap­ontwikkeli­ngsforum (GGOF), in samewerkin­g met die Instituut vir Gemeenskap­sontwikkel­ing, wil graag die gemeenskap in die Groot-Brakrivier­omgewing tot groter hoogtes help bring.

GGOF se ontstaan

David Abrahams werk al vir jare onder die gemeenskap van Groot-Brakrivier om ‘n verskil in mense se lewens te maak.

Hy het hulp gesoek om die forum na die volgende vlak te neem en het daarom vir past Erhard du Toit gevra om te help. Saam het hulle beplan en gewerk aan die onstaan van die Groot-Brakrivier gemeenskap­ontwikkeli­ngsforum, wat nou ‘n volwaardig­e forum met ‘n bestuursko­mitee is.

“Ons doelstelli­ng is om die probleme en uitdagings van die gemeenskap te help aanspreek en werkbare oplossings te vind, deur die ondersteun­ing en samewerkin­g van die breë gemeenskap, sowel as verskeie rolspelers, organisasi­es, die munisipali­teit, besighede, regering.

Ons dien dus dan ook as platform vir die gemeenskap­ontwik-kelingspro­ssese,” sê past Erhard du Toit

Rede vir forum

“Ons het die belange, vooruitgan­g en ontwikkeli­ng van ons gemeenskap­pe op die hart, en dit is die enigste rede vir ons bestaan. Die gemeenskap se belange is nie maar net nog ‘n faset van ons nie.

“Ons is ‘n nie-winsgewend­e organisasi­e met geen politieke affiliasie nie, daarom is dit dan juis ‘van die gemeenskap, vir die gemeeenska­p’.

Ons vul die gaping wat daar bestaan tussen die gemeenskap, politici, regering of besigheids­ektor en bring almal nader aan mekaar.

Hoe ons ‘n verskil gaan maak

“Ons moet almal hande vat en saamwerk om die ekonomie van Groot-Brakrivier te laat groei met werkskeppi­ngsprojekt­e, uitbreidin­g van toerisme deur te bou op die fondasie van Groot-Brakrivier se geskiedeni­s, sport, jeug, familie, entrepeneu­rsvaardigh­ede, lewensvaar­dighede, opleidings­programme en werkswinke­ls aan te bied. “Alles wat ons doen moet net een doel hê, naamlik, ‘n gesonde gemeenskap wat gebou is om goeie en gesonde norme en waardestel­sels.” Vir verdere inligting kontak Du Toit (072 845 7202).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa