Mossel Bay Advertiser

Onderdorpb­uurtwag hou braai

-

Die Onderdorp-buurtwag hou op Saterdag, 16 September vanaf 18:00 tot 23:00 ‘n straatbraa­i by die Delfino’s-parkeerare­a in Mosselbaai. Die doel van die byeenkoms is om positiwite­it in die gemeenskap te bou teenoor die buurtwag en om saam met mekaar te kuier. Dit is die ideale geleenthei­d vir bure om mekaar beter te leer ken. Volgens buurtwagli­d, Paul von Zeuner is die straatbraa­i ook ‘n geleenthei­d vir die buurtwag om uit die gemeenskap se mond te hoor wat hulle verwagting van die buurtwag en mekaar is. Mosselbaai se Onderdorp-buurtwag woeker om die dorp misdaadvry te hou. Hierdie groep vrywillige­rs patroleer tans die onderdorp vanaf 21:00 tot 05:00. Besighede wat graag ‘n bydrae vir die geleenthei­d wil lewer kan met Martie Loubser, voorsitter van die Onderdorp-buurtwag kontak (071 514 4501). Vir navrae oor die straatbraa­i kontak Arthur Riordien (082 702 2607), Paul Von Zeuner (082 387 0955), Anneke Schabbort (072 229 1304) of die projekbest­uurder, Lindie Edwards (082 297 7165).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa