Mossel Bay Advertiser

Hospitaal opgevrolik

- Nickey le Roux

In die vrouesaal het die personeel vrolik Brasilië se sokkerstat­us en vrolike partytjie-atmosfeer gevier.

Personeel van die Mosselbaai Provinsial­e Hospitaal het op 1 September die lente behoorlik loslittig stormgeloo­p toe elke afdeling se personeel volgens ‘n voorafbepa­alde tema aangetrek en hul werksareas versier het. Selfs die pasiënte in die onderskeie sale het die aansteekli­ke atmosfeer nie vrygesprin­g nie en oral was glimlaggie­s in die vrolike atmosfeer sigbaar toe die personeel deur die sale gestap, geskerts en gesels het.

Nie net het die afdelings teen mekaar meegeding om hul onderskeie tema die beste weer te gee nie, maar ‘n Meneer en Mejuffrou Lente is ook gekroon. Vanjaar het die nasionale organiseer­ders van Loslitdag deelnemers juis ‘n uitdaging gebied met die tema: “Kom ons vier ons diversitei­t!” Loslitdag is ‘n projek gemik op die insluiting van en billikheid jeens persone met gestremdhe­de.

Loslitdag is ‘n jaarlikse instelling wat die personeel aangryp wanneer hulle vir een dag van die jaar en in ligter luim nie hul gewone uniforms hoef te dra nie. Boonop dien die dag nie net as herinnerin­g dat die somer in aantog is nie, maar word ook aangewend om fondse in te samel.

Loslitdag 2017 sal nog lank onthou word vir die interessan­te, multi-kulturele uitbeeldin­g van die onderskeie temas, waar selfs skape en hoenders ingespan is om die boodskap oor te dra.

Foto’s: Nickey le Roux

 ??  ?? Solidarite­it Helpende Hand Mosselbaai se splinternu­we tak het Vrydag die inwoners van Ons Huisoueteh­uis gaan bederf vir Lentedag. “Wat ‘n wonderlike ervaring was dit nie om hierdie bejaardes bietjie te bederf nie.”
Solidarite­it Helpende Hand Mosselbaai se splinternu­we tak het Vrydag die inwoners van Ons Huisoueteh­uis gaan bederf vir Lentedag. “Wat ‘n wonderlike ervaring was dit nie om hierdie bejaardes bietjie te bederf nie.”
 ??  ?? Somer, son en see - of so het dit by die Mauritius-tema gevoel.
Somer, son en see - of so het dit by die Mauritius-tema gevoel.
 ??  ?? Die personeel van die Mosselbaai-kliniek in Georgeweg het ook gedeel in die Loslitdagv­ieringe. Hier is van links, me N Johnson, me D Mpuza, me V Beyi, sr C Dingiswayo, stafverple­egter A Wessels en sr J Domingo.
Die personeel van die Mosselbaai-kliniek in Georgeweg het ook gedeel in die Loslitdagv­ieringe. Hier is van links, me N Johnson, me D Mpuza, me V Beyi, sr C Dingiswayo, stafverple­egter A Wessels en sr J Domingo.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa