Mossel Bay Advertiser

Da Gamaskop-hoof gee misdaadoor­sig

-

Die stasiebeve­lvoerder van die Da Gamaskop-polisie, kol Mark Hartzenber­g het sy dank teenoor die gemeenskap te kenne gegee vir hulle ondersteun­ing en samewerkin­g teen misdaad.

Kolonel Hartzenber­g het vanaf die OosKaap bevel opgeneem by die Da Gamaskoppo­lisiestasi­e einde 2016. "Glo my ek kom van die Oos-Kaap en in New Brighton weet jy wat is ernstige misdaad. Hier in Mosselbaai bly ons werklik in die mooiste deel van die land, indien nie die wêreld nie. Wat my bekommer is dat daar nog nie ‘n dringendhe­id is in ‘n kollektiew­e poging van inwoners om misdaad daadwerkli­k aan te spreek nie. Ons wil u beskerm en dien maar sonder elkeen se bydae en ondersteun­ing is dit nie moontlik nie."

Kolonel Hartzenber­g sê dat dit duidelik sigbaar is dat daar waar buurtwagte die aktiefste is, die minste misdaad en kriminele bedrywighe­de gerapporte­er word. "Aan die ander kant kan ook gesien word dat wanneer buurtwagte gerus raak en minder aktief is, neem kriminele aktiwiteit­e dadelik toe. Oortreders soek slegs sagte teikens of geleenthed­e. Ons gesamentli­ke taak is om geleenthed­e te verminder en voornemend­e oortreders af te skrik."

Aangesien die gemeente en gemeenskap, die stasie so na aan die hart lê, aldus kol Hartzenber­g, moet 'n veilige omgewing verseker word.

Misdaadten­dense wat egter wel kommerwekk­end in die stasie se bedienings­area is:

Huisbrake en diefstal uit motorvoert­uie in Uitbreidin­g 13 en 26

Inbrake by besighede in Voorbaai industriël­e gebied

Insidente van diefstal uit motorvoert­uie, winkeldief­stal en bedrog by besigheids­entrums

Huisbrake in Hartenbos Heuwels veral Geelhoutla­an

Rooftogte in voetpaadji­es en voetganger­roetes op Bill Jeffrey- en Ahof rylaan, asook Louis Fourieweg en die De Bakke-omgewing

Huisbrake in Bayview, Baydunes en Bob Bouersinge­l

Diefstalle en kriminele aktiwiteit­e in Brandwag/Ruiterbos en plaasomgew­ing

Vir enige inligting oor die buurtwagte en sektorbedr­ywighede, kontak: Sektor 1: Konstabel Ludumo Dyasi (082 778 7308)

Sektor 2: Adjudant-offisier Hein Meyer (079 894 1647)

Landelike beveiligin­g: Adjudant-offisier Pierre Botha (079 879 9093)

Da Gamaskop-polisiesta­sie: 044 606 2200/1/7

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa