Mossel Bay Advertiser

Gesteelde goedere in man se besit gevind

- Louise Karsten

Groot-Brakrivier-polisiebea­mptes ondersoek ‘n saak van besit van vermoedeli­k gesteelde eiendom, nadat die polisie op 2 September ‘n verdagte persoon in Langstraat, GrootBrakr­ivier voorgekeer het.

Volgens die polisiewoo­rdvoerder, sers Chantel Marais het polisiebea­mptes die man deursoek en beslag gelê op gesteelde eiendom wat in die verdagte se besit gevind was.

"Met behulp van Suiderkrui­s Sekuriteit is die verdagte aangekeer en in hegtenis geneem." Volgens inligting is die goedere in Hartenboso­mgewing gesteel.

Die eiendom kan by die Groot-Brakrivier­polisiesta­sie besigtig word. Dit sluit in: 'n swart Presario C 700 rekenaar, swart Maalitefli­ts, Xbox 360 controller in boks, swart skootreken­aarlaaiers, swart en silwerkleu­rige Seiko-horlosie, RCA-kabels, Apella-sakhorlosi­e, oranje en groen drasak, Go Pro- skermskild

( screen protector) en Aramis-parfuum.

Enigeen met inligting kan ao Sias Weyers kontak (044 620 8308/9). Alle inligting sal as vertroulik hanteer word.

 ??  ?? Aramis-parfuum en hierdie items is in die verdagte se besit gevind.
Aramis-parfuum en hierdie items is in die verdagte se besit gevind.
 ??  ?? Die verdagte het goedere in hierdie sak gehou.
Die verdagte het goedere in hierdie sak gehou.
 ??  ?? Herken u hierdie juwele? Indien wel, kontak die Groot-Brakrivier­polisiesta­sie.
Herken u hierdie juwele? Indien wel, kontak die Groot-Brakrivier­polisiesta­sie.
 ??  ?? Hierdie items is in die verdagte se besit gevind.
Hierdie items is in die verdagte se besit gevind.
 ??  ?? ‘n Seiko-horlosie is onder meer in die verdagte se besit gevind.
‘n Seiko-horlosie is onder meer in die verdagte se besit gevind.
 ??  ?? Leerkleras­ie met hierdie kenteken is ook gevind.
Leerkleras­ie met hierdie kenteken is ook gevind.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa